Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 112 of 192)

Bekeer julle en GLO die EVANGELIE!

Skriflesing: Mark 1:1-15
Teksvers: Mark 1:15
HK Sondag 7 vr. & antw. 22

Jesus preek bekering en geloof.

Jesus se preek het gehandel oor:

  • Die Evangelie van God.
  • Die Evangelie van die Koninkryk.
  • Die Evangelie van Jesus Christus.

Die Apostel Paulus noem dit:

  • Die Evangelie van die Genade van God. Hand 20:24; Ef 2:8,9

Daar is net een Evangelie. (Gal 1:1-9)

  • Hierdie is die Evangelie van wat Jesus Christus aan die kruis vir ons gedoen het. (1 Kor 15:1-11)
  • Maar die feit dat die Evangelie naby gekom het, vra BEKERING. Hand 20:21

Die Rooidag skyn al duidelik! God is voor jou, agter jou en by jou!

Skriflesing: Jes 58:1-14
Teksvers: Jes 58:8

Die helder Môrester skyn al helderder. Die Rooidag is aan die breek. Ons weet die dag gaan aanstons hier wees. Dit is die voorreg wat ons as Christene het. Ons weet dat die wederkoms is naby. Presies wanneer sal ons nooit weet nie, maar ons weet dit is naby. Maar om gerustheid te kry moet ons besef dat ons sondig is, dat Jesus Christus vir ons gesterf het en dat die wederkoms naby is, as Hy ons kom haal om vir ewig by Hom te wees.

Jesaja kry drie opdragte:

  • Die Rooidag moet ons wakker maak.
  • Die Rooidag moet ons tot dade lei.
  • Die Rooidag lei tot die helder lig.

Die krag van die geloof werk deur liefde

Skriflesing: Galasiërs 5:1-26
Teksvers: Galasiërs 5:5-6
HK Sondag 7 V&A 21

Geloof en Hoop en Liefde wek vreugde. Dit is die evangeliese boodskap. Vanaand staan ons stil by die eerste brief wat Paulus geskryf het, aan die Galasiërs, om te sien hoe hierdie drie terme gebruik word. Die Galasiër brief, is dan ook by uitstek ‘n brief wat gaan oor geloof. Die hele pleidooi van Paulus wys op die teenstelling tussen die werke van die wet en die geloof. 

In Hoofstuk is daar ‘n pragtige samevatting waarin al drie hierdie terme saamgevat word nl. Dat ons deur die Heilige Gees uit die geloof wag op die vryspraak (geregtigheid). Want die krag van Jesus Christus is nie in menslike dinge soos die besnydenis nie, maar in die geloof, wat werk (energeo) deur die liefde. Amen 

Is jy reg vir die Sonsopkoms?

Skriflesing: Op 22:6-21
Teksvers: Open 22:16

“Ek is die helder Môrester!” 

As die sonsopkoms, moet ons reg en klaar wees vir die dag se werk. Die meeste van ons staan vroeg op as dit nog donker is, bad, trek aan, eet en berei ons voor vir die dag se werk.

Want as jy laat slaap…

  • hardloop jy angstig deur die dag om alles klaar te kry, as jy vroeg opstaan,
  • kan jy rustig jou dagtake afhandel.

Om ons te waarsku dat die dag al naby is, is daar ’n helder môrester, Venus, wat helder brand en die naderende dag aandui.

In hierdie laaste gedagte-eenheid van Openbaring, handel dit oor die Christen se gereedheid vir die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Daarom gaan ons na drie sake kyk, hoe om ons voor te berei. Ons moet …

  • God se Woord gehoorsaam. Op 22:6-11,18-19
  • ons lewens rein hou. Op 22:15,16
  • voortdurend bid en Jesus Christus se wederkoms verwag. Op 17,20,21
« Older posts Newer posts »