Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 60 of 66)

God stel alles in werking om sy wil deur te voer

Skriflesing: 1 Samuel 16
Teksvers: 1 Samuel 16:18 en 23

In hierdie perikoop openbaar die Here sy mag en beheer oor alles wat in die wêreld gebeur. Niks gebeur toevallig nie. Selfs die feit dat Dawid die gawe van die Here ontvang het om die lier (harp) te kon speel, word nou instrumenteel gebruik om Dawid in Saul se paleis te laat kom woon. God het dit so laat gebeur.

God is op tyd en op plek met die uitvoering van sy groot raadsplan. Selfs die oënskynlike kleinste dingetjies, soos ‘n lier, word gebruik om met nuuskierigheid en opgewondenheid te sien hoe die Here vir Dawid voorberei om eendag koning te word.

Kyk gerus weer ‘n keer hoe die Here in jou lewe selfs die klein-ste dingetjies gebruik om sy wil te laat geskied.

Laai af

God het alles goed geskape

Skriflesing: Gen 1:1-31
Teksvers: Gen 1:311; Pred 7:29; Tim 4:4,5

Genesis 1 is baie meer as net ’n verhaal oor die skepping. Dit is baie meer as net ses dae waarin alles gemaak is. Dit gaan hier oor die Drie-enige God wat geopenbaar word as die enigste God wat geskape het omdat Hy almagtig is. Hoeveel keer het u al gevra, gereël sodat iets gedoen moet word en dit het nie gebeur nie. God het net gespreek en dit het gebeur. Psalm 33:8,9 “Die hele aarde moet die Here vrees, al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê, want Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar.”

Ons gaan na drie sake kyk met die klem op die woorde in vers 31 “…en dit was baie goed.”

  • God het geskape.
  • God het geëvalueer.
  • God het alles baie goed verklaar.

Laai af

God bewaar altyd sy kinders

Skriflesing: Psalm 121
Teksvers: Psalm 121:7,8

Meeste mense het al in hul lewens werklik eensaam gevoel. Eensaam en bang vir gevare. Was dit ’n donker nag? Was dit eensaam en alleen op die pad? Was dit eensaam en alleen op kantoor, laat in die aand of waar ookal en wat ookal die omstan-dighede. Ons almal is in vandag se tyd bedag op rowers wat kan toeslaan laat in die nag, helder oordag, motorkapers of waar ookal. Maar hierdie Psalm leer aan ons God se trou en God se genade en God se bewaring.

  1. God het die pelgrims bewaar.
  2. God bewaar ons vandag.
  3. God sal sy kerk bewaar.

Laai af

Hoe lief het ek u wet!

Skriflesing: Psalm 119
Teksvers: Psalm 119:97

Die Marathon-Psalm 119 is die langste hoofstuk in die Bybel. In sy 176 verse handel die digter net oor die Wet van die Here. Dit neem ongeveer 20 minute om die psalm rustig hardop deur te lees.
Alfabetiese akroestiek is die digvorm waarin hierdie psalm aange-bied word. Anders as ander akroestiese dele van die Bybel (Klaagliedere, Spreuke 31:10-31, en Ps 25, 34, 37, 111, 112, en 145 in die Hebreeuse Bybel) word in Ps 119 elke agste vers begin met die volgende letter van die Hebreeuse Alfabet. Die doel was natuurlik esteties (as poësie) en ook om makliker te maak vir memorisering.
Die “rym” is dus in die begin en nie aan die einde soos ons dit vandag gebruik nie! Die alfabet het net 22 letters, dus bestaan Psalm 119 uit 22 onderdele, elkeen met ‘n soortgelyke struktuur.
Eintlik bring die hele Psalm en sy onderdele die eenluidende bood-skap dat kinders van die verbond lief is vir die Wet van die Here. Hoe lief het jy sy wet?

Laai af

NET TWEE DINGE NODIG!

Skriflesing: Spreuke 30:1‑9, en 15,16; 1 Tim 6:6-16 (6)
Teksvers: Spreuke 30:7‑9

Die boek Spreuke gaan oor ware wysheid. Wysheid is nie geleerdheid of slimmigheid nie. Wysheid is die kuns van die ware godsdiens, toegepas in ons daaglikse lewe. Ons praat van ‘lifeskills”. Gaan bestudeer weer die boek Spreuke en jy sal groei in ware wysheid wat van bo kom (Jak 3).
Ons teksvers is in wese ‘n gebed om die vervulling met die Heilige Gees. Die Spreukedigter besef dat hy ‘n sondaar is. Vol van homself en selfsugtigheid. Hy bid hier om genade om te kan verander. Maar ook dit kan hyself nie doen nie. Hy vra hulp van buite, van bo af, van die Here. En die Here gee ons die belofte in Jak 1:5 dat as ons wysheid kortkom, dank na ons dit van Hom vra. Hy gee aan almal sonder verwyt.
Laat Agur se gebed ook ons gebed wees!

Maak oop

« Older posts Newer posts »