Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 59 of 66)

Berou oor sonde word sigbaar

Skriflesing: Miga 1
Teksvers: Miga 1:10-16

Is dit nodig dat jy jou berou oor jou sonde sigbaar sal maak? Indien jy wel berou het oor jou sonde, hoe maak jy dit sigbaar?

In hierdie hoofstuk kla die Here vir Israel aan, oor hulle voortgaan- de en volhardende sonde. Hy spreek ‘n oordeel oor hulle uit oor al die uitdagende en openlike sonde wat hulle gepleeg het. Die tyd van genade is verby. Die ballingskap gaan plaasvind. Daarom kom die Here in vers 16 en sê:

“Skeer ’n kaal kol op jou kop, skeer ’n kaal kol op jou kop soos dié van ’n aasvoël, want dié oor wie jy bly is, sal van jou af in ballingskap weggevoer word.”

In daardie tyd was berou, smart, verootmoediging en sonde bely- denis onder andere sigbaar gemaak deur die skeer van hare.

Mag jy jou opregte berou oor jou sonde gebrokenheid in jou woor- de en dade sigbaar maak.

Laai af

Die tuin van die Here!

Skriflesing: Hooglied 4
Teksvers: Hooglied 4:12

Die boek Hooglied bied aan ons ‘n stuk aangrypende poësie oor die verhouding van man en vrou. Die skrywer speel die hofmaakspel alte pragtig en daarby sien ons die reaksie van die bruid op die liefdespassies van die bruidegom.

Vanweë die intimiteit wat hier ter sprake is lyk dit of die paartjie getroud is. Uit ander tekste lyk dit egter eerder soos die verlief- de of verloofde paartjie wat hulleself intens in gees en gedagtes en in gesprek (dialoog) voorberei op die huwelik wat kom. Onder andere is daar die waarskuwings dat huweliksintimiteit nie voortyds misbruik mag word nie (herhaalvers 2:7 e.a).

Nietemin is die huwelik, en daarom ook hierdie huweliks-lied (gedig), ‘n duidelike afbeelding van die kerk van Christus as sy bruid. Hy besing en beskryf haar met allerlei beelde…

Vandag kyk ons veral na die kerk as sy tuin.

Laai af

Kan jou geliefdes teen gevare beskerm word?

SkriflesingJob 1
TeksversJob 1:4 en 5

Job was in sy tyd in die destydse Ooste die belangrikste man. Verder het die Here gesê dat Job se gelyke nie op aarde gekry sal word nie: “hy was vroom en opreg, hy het die Here gedien en die kwaad vermy.” Ten spyte van sy welvaart en belangrikheid, het Job die Here vroom en opreg gedien. Hy was ‘n toegewyde pa en het telkens by die Here ingetree vir sy kinders wat dalk gesondig het.

So het dit gebeur dat Job se sewe seuns om die beurt partytjies gehou het in mekaar se huise. Dan het hulle, hulle drie susters genooi om saam met hulle fees te vier. Job het dan elke keer na so ’n reeks party- tjies sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig. Vroeg die môre na die partytjies het Job vir hulle almal ’n brand- offer gebring. Job het dit gedoen uit vrees dat sy kinders dalk gesondig het en God in hulle gedagtes gevloek het.

Ten spyte van al Job se versoenende optrede ter wille van én in be- lang van sy kinders, het al 10 sy kinders op een slag gesterf. Was sy optrede dan nutteloos en tevergeefs? Het die offers nie gehelp nie? Wat is dan nodig om jou geliefdes teen gevare te beskerm?

Laai af

Vertrou en wag op ons Getroue Verbondsgod alleen

Skriflesing: Jeremia 14
Teksvers: Jeremia 14:20-2

In hierdie hoofstuk kondig die Here aan dat Hy sy rug op Israel gaan keer. Hy gaan nie meer na hulle gebede en hulle smekinge luister nie. Hulle het die tyd van genade verspeel. Jeremia pleit by die Here vir sy verwerpte volk. Hy vra of die Here sy volk dan nou heel- temal verwerp het? Walg die Here as Hy aan hulle dink?

Jeremia bely dat die Here se volk opstandig was; dat hulle teen die Here gesondig het; dat selfs hulle voorvaders skuldig was.

Jeremia doen ‘n beroep bloot op die Here se Naam alleen. Hy pleit dat die Here sy volk tog nie sal verwerp nie; dat die plek, waar die Here in sy magtige teenwoordigheid regeer, nie verag sal word nie. Hy beroep Hom op die Here se verbond met hulle en dat Hy sy verbond met hulle tog nie sal prysgee nie!

Laai af

Die pot is aan die kook

Skriflesing: Esegiël 11
Teksvers: Esegiël 11:16

Die Here praat in hierdie gedeelte deur Esegiël met die vals en misleidende leiers van Israel. Hierdie manne sê dat dit nie nou tyd is om huise te bou nie. Die stad is die pot en die Israeliete is die vleis. Daarteenoor sê die Here deur sy Gees dat Hy hulle gedag-tes ken. Dit is die misleidende leiers wat die mense in Jerusalem vermoor het. Die Here se daarom dat die vleis in die pot die mense in die stad is wat die misleidende leiers doodgemaak het.
Ja, die stad is soos ‘n doodspot, maar die Here sal hulle uit die doodspot red. Die getroue Verbondshere het aan Israel gesê dat hulle in ballingskap weggevoer gaan word as gevolg van hulle sonde. Dit gaan inhou dat hulle vir die duur van die ballingskap net die Here self by hulle sal hê as hulle heiligdom en hulle toevlugs-oord. So leer die Here vir Israel dat Hy alomteenwoordig is en nie vasgevat kan word in ‘n gebou nie. Hulle vertroue kan nie op iets gerig wees nie, maar net op die Here wat oral en altyd vir hulle ‘n werklikheid sal wees.

Laai af

Net die beste (goud) is vir God goed

Skriflesing: 1 Kon 6:1,2; 11-38
Teksvers: 1 Kon 6:12,13; 1 Kon 8:12,13

Alles op aarde behoort aan God. Jesus Christus is egter so nederig dat Hy ’n donkie-vul gebruik om Jerusalem binne te ry. Tog is net die beste goed genoeg vir God. Goud is baie duur en getuig van net die beste. Daarom bou Salomo ’n tempel wat vol goud was.

Gee jy die beste van jouself en alles wat jy is en het vir God?
Is jou lewe toegewy aan God? Ons gaan na drie sake kyk:

  1. God woon by Israel in ’n tempel van baie goud. (1 Kon 6:20-37)
  2. God woon by gelowiges in hulle harte wie se geloof kosbaarder is as goud. (1 Petr 1:7)
  3. God woon in die hemel met goue strate. (Open 21:21,22)

Laai af

« Older posts Newer posts »