Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 65 of 129)

Geloof red

Skriflesing: Johannes 3:1-21
Teksvers: Johannes 3:14-16

Die sakramente is daar om ons geloof te versterk. Want sonder geloof, kan ons nie tot God nader nie. So baie mense in die moderne wêreld verloor hulle geloof. Moderne wetenskap maak dit skynbaar irrelevant om te glo. God se bestaan word betwyfel en met alles wat geld kan koop, is geloof boonop oorbodig. 

Ons geloof is egter uiters kosbaar, en ons moet dit nie as vanselfsprekend beskou nie. Immers, geloof red. 

Die vyfde kruiswoord—“Ek is Dors.”

Skriflesing: Joh 19:28-37
Teksvers: Joh 19:28

Jesus Christus was waarlik dors as mens. Na drie ure duisternis en van God verlate, was Hy verskriklik dors. Hy wou nie die pyn-verdowende asyn-wyn drink nie, omdat Hy die volle toorn van God moes dra.

Hierdie dors is reeds van geprofeteer in Ps 22:16 waar ges  is sy tong kleef aan sy verhemelte. Maar die dors het ook ‘n geestelike kant gehad en dit het ons gesing uit Ps 42:1. Jesus was ontsettend dors, dors na die vrede en ewige heerlikheid by God.

Daarom is dit so belangrik dat ons daaruit sal leer:

  • Is jy dors?
  • Les jou dors!
  • Les jou dors verniet

DIE BELANGRIKHEID en DIE BEGRONDING VAN GEBED

Getuig, Verklaar en Bely Jesus Christus as Middelaar! 

Skriflesing: 1 Tim 2:1-7
Teksvers: 1 Tim 2:5,6
HK Sondag 6

Om te bid is ’n geloofsverantwoordelikheid! Dit is ’n baie ernstige saak. Daar moet opregtheid en erns met gebede wees. Maar die begronding van die gebed, is baie belangrik. Gebed is die basis van die werk van Jesus Christus as Verlosser en Middelaar. Omdat Hy waarlik mens was, maar altyd waarlik God is en sal wees, was dit alleen Hy wat ons in die regte verhouding met God ons Vader kan stel, dit lees ons duidelik in verse 4,5. Daarom in ons gebede moet daar altyd opregtheid wees.

  • Getuig, daar is net een Middelaar.
  • Verklaar, dat Hy homself as losprys gegee het.
  • Bely, dat Jesus Christus is ons Middelaar.
« Older posts Newer posts »