Kategorie: Nuwe Testament (Page 66 of 130)
Getuig, Verklaar en Bely Jesus Christus as Middelaar!
Skriflesing: 1 Tim 2:1-7
Teksvers: 1 Tim 2:5,6
HK Sondag 6
Om te bid is ’n geloofsverantwoordelikheid! Dit is ’n baie ernstige saak. Daar moet opregtheid en erns met gebede wees. Maar die begronding van die gebed, is baie belangrik. Gebed is die basis van die werk van Jesus Christus as Verlosser en Middelaar. Omdat Hy waarlik mens was, maar altyd waarlik God is en sal wees, was dit alleen Hy wat ons in die regte verhouding met God ons Vader kan stel, dit lees ons duidelik in verse 4,5. Daarom in ons gebede moet daar altyd opregtheid wees.
- Getuig, daar is net een Middelaar.
- Verklaar, dat Hy homself as losprys gegee het.
- Bely, dat Jesus Christus is ons Middelaar.
Skriflesing: Jer 6:1-30; Mat 5:17-20; Joh 14
Teksvers: Jer 6:16,19; Mat 5:20; Joh 14:6,15-17
Kruispaaie
Jou gedagtes bepaal meestal jou handelinge en jou keuses. Die vrug wat jy dra is deel van jou gedagte-wêreld.
Daarom word jou lewe dikwels bepaal volgens wat jy glo, dink en dan doen. Want elke dag van jou lewe moet jy keuses maak.
Daar is kruispaaie. Sommige paaie loop draaie en is nie reguit nie, ander paaie is reguit. So leer die Skrif ons ook dat daar ’n nou pad en ’n breë pad is. Die nou pad is die pad wat na die ewige lewe lei. Die breë pad lei na die verderf.