Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 64 of 129)

God se Woord bring lewe!

Skriflesing: Mat 13:1-8; 18-23
Teksverse: Mat 13:20,23
HK: Sondag 7 vr. & antw. 20

Baie keer sê mense:

“Ek wil net ’n saadjie in jou gedagtes plant!”
“Ek wil net ’n gedagte by jou laat!”

Jesus vergelyk nou die verkondiging van die Woord met ’n land wat gesaai word. ’n Boer saai sy land met koring, sodat daar koringplante kan groei. Die koring wat gesaai word, word vergelyk met die Woord wat verkondig word. Die Woord word verkondig sodat dit in die harte van die mense kan grondvat en groei en vrug dra tot eer van God. Maar die grond waarin daar geplant word, word vergelyk met verskillende plekke waar die saad val. Ons gaan na drie sake kyk:

  • God se Woord bring lewe.
  • God se Woord moet aangeneem word.
  • God se Woord laat ons vrug dra.

As jy met jou hart glo en jou mond Jesus Christus bely, sal jy gered word

Skriflesing: Rom. 10:1-21
Teksverse: Rom. 10:9

Die Here het aan ons Sy Woord gegee. Die Woord van God, die Bybel, leer ons dat Jesus Christus die enigste ware verlosser is. Hy het Sy woorde in ons harte kom skryf. Sy woorde het tot by ons gekom, in ons hart en in ons mond.

As jy in Jesus Christus glo, en jy bely dat Hy waarlik jou Verlosser is, sal jy gered word.

« Older posts Newer posts »