Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 126 of 129)

Die Woord van God is die teenvoeter teen versoekings

Skriflesing: Matteus 4:1-11
Teksvers: Matteus 4:10

Die Woord alleen is Jesus se antwoord op die duiwel se pogings om Hom te versoek. Jesus troef nie net die aanslag van die duiwel deur aan te haal uit die Woord van die Here nie, maar Hy wys ook aan ons hoe ons versoekings en aanslae in ons lewe oorwinnend kan han-teer.
“Daar staan geskrywe” is woorde wat ons op elke terrein van ons lewe kan toepas. Hoe meer ons die Woord van die Here ken, des te meer kan ons in alles wat ons dink, doen en sȇ die waarheid van die Here se Woord in ons lewe toepas.
Mag jy meer en meer leer om, in navolging van Jesus Christus, die Woord van die Here orals toe te pas en so elke dag te lewe in noue verbondenheid aan die Here.

Laai af

Wat moet ek doen om gered/verlos te word?

Skriflesing: Hand 16:22-34
Teksvers: Hand 16:30

Ons lees van die tronkbewaarder wat besef dat Iemand, vir Paulus en Silas bewaar. Hy kom tot bekering en geloof en onmiddellik vra hy die belangrike vraag: (Hand 16:30)
“Menere, wat moet ek doen om gered te word.”
1. Daar moet betaal word vir ons sondes.
2. Ons of geen ander skepsel kan betaal nie.
3. Alleen ’n ware mens, terselfdertyd God kan betaal.

Laai af

Locus classicus: Sola Scriptura!

Skriflesing: 2 Timoteus 3:1-4:5; 2 Petrus 1:20-21
Teksvers: 2 Timoteus 3:16

Die taal van die kerk in die donker Middeleeue was natuurlik Latyn. ‘n Antieke taal wat jy eintlik net as geleerde of gegradueerde sou kon besig. Hoogdrawend en formeel dus, so het dit in die kerk geword. Groot indrukwekkende woorde. Onverstaanbaar.
My opskrif is net om u te laat voel hoe vreemd lidmate destyds gevoel het. Selfs vandag nog gebruik die RK Kerk die hoë Latyn vir hul rituele.
Die opskrif beteken eintlik net dat ons teksvers die klassieke teks is vir die kerklike leer dat die Bybel alleen die Woord van God is. Nie moeilik nie. Geen wonder Luther se eerste passie en groot bydrae tot die reformatoriese kerk, was die vertaling van die Latyn-se Bybel in die gewone spreek-Duits.
Vandag bestudeer ons die verstaan van die Sola Scriptura reël vanuit die klassieke tekste oor die inspirasie-leer: Die hele Skrif is deur God geïnspireer… met groot waarde vir ons elkeen.

Laai af

God se Koringkorrelplan! Jesus Christus is die Koringkorrel wat vir ons geplant is sodat ons kan lewe!

Skriflesing: Joh 12:20-36
Teksvers: Joh 20:23,24,28

Jesus Christus vergelyk Homself met ‘n koringkorrel wat vir ons geplant is, sodat deur Sy sterwe, daar vir ons lewe kan wees!
Ons gaan na drie sake kyk:
1 ’n Koringkorrel se doel.
2 ’n Koringkorrel gaan dood.
3 ’n Koringkorrel, vermeerder, tot baie are en koring.

Laai af

God se Naam is heilig en moet altyd met eerbied gebruik word

Skriflesing: Kol 3:1-17
Teksvers: Kol 3:17; Fil 2:9-11; Lev 24:15,16; Lev 5:1; Deut 6:13; Jak 5:12
HK Sondag 36+37

In die hedendaagse tyd word daar min betekenis aan Name gegee. Baie mense kies vir hulle kinders net ’n mooi naam of ’n naam waarvan hulle hou. Maar in die antieke wêreld was ’n naam van die allergrootste belang. God het selfs in die Bybelse tyd mense se name verander weens ’n belangrike gebeurtenis of vanweë ’n nuwe roeping of verhouding waarin hulle gestaan het. As Christene dra ons die naam van Jesus Christus. Die naam Christen kom drie keer voor in die Bybel, Hand 11:26; Hand 26:28; 1 Petr 4:16. Jesus Christus se Naam is verhewe bo elke Naam. Fil 2:9-11.

Hebreeuse name waarmee God Homself aan ons openbaar.

El of Elohim – Skepper en Onderhouer God – Gen 1

Jehova Elohim – die HERE God – Gen 2

El Schaddai – die Almagtige God – Gen 17:1

Edonai – God die Sterke. – Jes 1:24

Jehova – Ek is wat Ek is. – Ex 3:14

Jehova Sebaoth – Here van die leërskare. – 1 Sam 4:4

Laai af

Dis die laaste dae, bly weg van goddelose mense

Skriflesing: 2 Timoteus 3
Teksvers: 2 Timoteus 3:1 en 5

In die laaste dae sal daar mense wees wat hulle nie aan die gebooie en opdragte van die Here sal steur nie. Hierdie goddelose en selfgesentreerde mens kan ook die lewe vir die gelowiges moeilik maak. Mense se onbybelse, selfgesentreerde lewe en goddelose gedrag maak die lewe vir ‘n gelowige al hoe moeiliker.
Tog is dit wonderlik dat die Here in die laaste dae, ten spyte van swaarkry, aan ons hoop gee. Teen alles in, bly ons hoop en vertrou dat die Heilige Gees mense tot inkeer en bekering sal bring. Ten spyte van swaarkry, kan niks die vreugde in die Here van ons kom wegneem nie. Daarom roep die gedeelte ons op om weg te bly van mense wat goddeloos en selfgesentreerd lewe.
Mag jy die Here altyd eerste in jou lewe stel en ander mense altyd hoër ag as jouself. Weet verseker dat jy wat in die geloof volhard, eendag met die wederkoms van Jesus Christus die volle vreugde sal ontvang.

Laai af

« Older posts Newer posts »