Skriflesing: Jesaja 6:1-8 (2020)
Teksvers: Jesaja 6:1-4

Deur die geskiedenis sien ons hoe verhewe die konings van die aarde is oor gewone mense. Ester moet bv. haar lewe waag net om voor die koning te kom. 

Nehemia is ‘n vertroueling, die skinker van die koning, ‘n baie hoë posisie. Daniël en Josef tree op as regeerders in die plek van die koning. Maar wat gebeur tog as die koning sterf? God bly regeer. Hoeveel te meer is die ontsag wat ons moet hê om in die teenwoordigheid van die lewende God te kom. 

Ons staan vanoggend stil by hierdie ontsagwekkende toneel, as Jesaja God aanskou en hy besef hoe Heilig is die HERE.