Skriflesing: Psalm 145 (1983)
Teksvers: Psalm 145:1,2
HK: Sondag 36

Woorde is bedoel om te seën en te eer, maar die sondige hart bring vloek en skel uit die mond van mense. 

Die Naam van die Here moet geprys en geëer word maar die wêreld ken Hom nie en gebruik die krag van sy Naam as versterking van hul swak woordeskat, en so word sy Naam gevloek ipv geëer! 

Miskien moet ons net weer gaan lees wat is die waarskuwende strafmaatreël van die Derde Gebod! Dan sal ons meer werk maak van beter ‘n woordeskat, sodat sy Naam nie gelaster word nie.