Skriflesing: Genesis 39
Teks: Genesis 39:8-12
Skets: Laasweek het ons gesien dat Saul nie ‘n ware diepe hartsvernuwing ondergaan het en by God en sy Woord getrou gebly het nie. Vandag kyk ons na ‘n meer positiewe figuur wat deur die moeilikste teenslae en versoekings aan God getrou bly en dan geseën word.
In die lig van die jongste kerkraadsbesluit dat ons die huwelik as van God moet eer en nie daarmee woer-woer speel asof ons die reëls of beginsels bepaal nie, kom ons by Josef se integriteit daar in die vreemde, in die buiteland, Egipte. Daar waar niemand rêrig weet of sien nie, daar behou hy sy beginsels en eer hy God met ware integriteit en vaste norme en beginsels, gebou op die Woord van God wat in hom leef.