Skriflesing: Mat 13:1-8; 18-23
Teksverse: Mat 13:20,23
HK: Sondag 7 vr. & antw. 20
Baie keer sê mense:
“Ek wil net ’n saadjie in jou gedagtes plant!”
“Ek wil net ’n gedagte by jou laat!”
Jesus vergelyk nou die verkondiging van die Woord met ’n land wat gesaai word. ’n Boer saai sy land met koring, sodat daar koringplante kan groei. Die koring wat gesaai word, word vergelyk met die Woord wat verkondig word. Die Woord word verkondig sodat dit in die harte van die mense kan grondvat en groei en vrug dra tot eer van God. Maar die grond waarin daar geplant word, word vergelyk met verskillende plekke waar die saad val. Ons gaan na drie sake kyk:
- God se Woord bring lewe.
- God se Woord moet aangeneem word.
- God se Woord laat ons vrug dra.