Skriflesing: Mat 18:1-14; Mark 9:33-37; Luk 9:46-48
Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel? Hierdie is ’n vraag waaroor selfs die dissipels gestruikel het. Wie van hulle was die belangrikste? Daarom gaan hulle na Jesus toe met hierdie vraag. Jesus antwoord hulle, maar met ’n totaal ander antwoord as die wat hulle verwag het. Jesus openbaar wie die belangrikste is in die koninkryk van God.
Ons gaan na drie sake kyk…
- Wie mense dink is die belangrikste!
- Wie Jesus sê is die belangrikste!
- Wat ons moet doen om die belangrikste te wees!