(Last updated on Januarie 26th, 2018)
Page 335 of 346
Skriflesing: Lukas 2: 8-20.
Teksvers: Lukas 2: 14
Skriflesing: Heb 11:32-39
Teksvers: Heb 11:32-39
Geloof is sekerlik die grootste geskenk wat ons van God gekry het. Hierdie geloof is so kosbaar dat ons dit as geskenk moet koester en moet vashou en moet gebruik en alles tot eer van God. Sonder geloof kan ons nie lewe nie.
Wat doen jy met jou geloof? Koester jy dit deur nie net Bybellees nie, maar Bybelstudie. Bewaar jy dit deur aanhoudende gebede? Dank jy God elke dag vir jou geloof?
- Geloof in God is ’n geskenk van God.
- Geloof in God moet nie prysgegee word nie.
- Geloof in God hou groot beloning in.
Skriflesing: Jesaja 51
Teksvers: Jesaja 51: 2,3
Die Here praat in hierdie gedeelte in besonder met die Israeliete wat
“na die wil van die Here vra”. Om hoop en vrede in die hede en die
toekoms te kan verwag, roep die Here die gelowige Israeliete om terug
te dink aan die handelinge van die Here in die verlede. So word hulle
aandag eerstens op Abraham gevestig. Dan roep Hy hulle op om aan
die Here te dink wat die skepping daar gestel het. Dan word hulle
aandag weer op die Here gevestig tydens die uittog uit Egipte.
Die wat op die Here gefokus is, kan die vrees en bewing vir die vyand
teëstaan deur die werk van die Heilige Gees. Redding gee die Here
alleen vir die wat op Hom fokus.
Mag jy in die veranderende wêreld weet dat die Here ons God is. Hy
sal ons in die skadu van sy Hand beskerm.