Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 80 of 192)

Vreemde Vuur vertoorn die Here

Skriflesing: Levitikus 10:1-20
Teksvers: Levitikus 10:1-3
HK Sondag 35

“Eiesinnigheid is afgodery en beeldediens.” So wys Samuel vir Saul tereg in sy sonde met Amalek. As jy God anders dien as wat sy Woord beveel, skep jy ‘n valse beeld. Dan verdraai jy God se Eie beeld na ‘n andersoortige denkbeeld wat by jou inpas. 

Met die instelling van die erediens by Sinai kom daar by die groot feestelikheid en opgewondenheid ook geweldige hartseer en droefheid. Aäron en sy seuns het pas die eerste offer gebring, en oomblikke later sterf twee seuns met vuur vanuit die hemel. Ons staan vanaand stil by die tweede gebod met die tema: vreemde vuur vertoorn die Here. 

Jeremia se koopkontrak vir ’n stuk grond

Skriflesing: Jer 32
Teksvers: Jer 32:13-16

Wat hou die toekoms vir ons in, in Suid Afrika, maar veral in die kerk. Baie mense raak moedeloos. Maar as ons na die gebeure van Jeremia kyk, dan was Jeremia in ’n baie erger situasie as ons gewikkeld. God het Israel in sy gloeiende toorn uit Israel verjaag. Nogtans moes Jeremia ’n stuk grond koop.

  • God beveel Jeremia om grond te koop.
  • Daar is ’n wettige koopkontrak vir die grond.
  • Ons koopkontrak is betaal vir ons ewige grond.

God se Naam is Heilig!

Skriflesing: Jes 42:1-9 
Teksvers: Jes 42:8 
HK Sondag 36 

Hierdie gedeelte is een van die sogenaamde vier Knegliedere in die boek Jesaja nl. Jes 42:1-4; 49:1-6; 50:4-9 en 52:13-53:12. Op wie hierdie Knegliedere besonderlik wys is nie sommer net klinkklaar en duidelik nie. 

Tog word hulle dikwels aangehaal in die Nuwe Testament waar dit op Jesus Christus dui. Maar wat wel baie belangrik is, is dat God self hier aan die woord is en openbaar wie Hy is en hoe sy Naam gebruik moet word, vers 6,8. God se Naam is heilig, dit beteken dit openbaar God self aan ons. Dit is ‘n Naam wat bo elke ander naam verhewe is. God selfs sê dan in ons teksverse dat die eer wat Hom toekom gee Hy aan niemand anders nie, ook nie aan gesnede beelde nie. Maar in en deur God se naam word daar ook ‘n groot verantwoordelikheid op elkeen wat God ken en sy Naam aanroep geplaas. Dit beteken dat ons sy Naam reg moet gebruik en nie misbruik nie. 

Word wakker, en Christus sal oor jou skyn

Skriflesing: Efesiërs 5:1-21; Johannes 1:1-5 
Teksvers: Efesiërs 5:8-11 

Lig en duisternis staan soos twee ewige teenpole onversoenlik. God is lig en daar is geen duisternis in Hom nie. 

Die mense is egter duisternis. Maar die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kan dit nie oorweldig nie. As jy dan in die lig is, wandel soos ‘n kind van die lig. Word wakker, en Christus sal oor jou skyn! 

Ons sluit vanmôre aan by ons jaartema oor die vrug van die Gees wat bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. 

« Older posts Newer posts »