Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 53 of 192)

Deur die dwaasheid van die prediking versamel Christus sy kerk 

Skriflesing: 1 Korintiërs 1:18-2:16 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 1: 21-24

Die dwaasheid van die prediking? Wat kan dit tog beteken? Is dit wanneer ‘n mens dom voel na ‘n preek as jy dit nie verstaan het nie? 

Soms wonder ons oor waarom God sekere dinge op sekere maniere wil gedoen hê. Wanneer dit kom by die wyse waarop God se kerk bymekaar gemaak word, is dit ook so uitsonderlike getuienis waar die Koning van die kerk ons leer dat Hy self aan die woord kom deur die Woord by wyse van die prediking wat vir ons soms dwaas lyk. 

Jesus drink die oordeelsbeker uit die hand van sy Vader 

Skriflesing: Psalm 75:1-11; Matteus 27:32-52 (2020)
Teksvers: Psalm 75:9
HK: Sondag 15-16

Die lyding van ons Here Jesus Christus is iets wat baie moeilik in woorde beskryf kan word. Tog is sy hele lewe een groot lyding. Van sy menswording en deur sy aardse omwandeling tot aan die kruis.

Hierdie lyding word ook in die Skrif aan ons verduidelik by wyse van ‘n beeld. Die beker van God se oordeel.

Ons gaan vanaand stilstaan by Psalm 75 waar die oordeelsbeker van God beskryf word met die oog op Christus se lyding.

Die liturgie: Ons gebede soos wierook 

Skriflesing: Openbaring 8:1-5 (1983) Eksodus 40:1-5; 30:1-10,34-38
Teksvers: Openbaring 8:3,4

In die Tabernakel in die woestyn (en later in die beloofde land) staan die wierookaltaar reg voor die voorhangsel (gordyn).

Reg agter die voorhangsel staan die verbondsark met die versoendeksel en die twee gerubs daarop. Die rook van die wierrookaltaar kan eintlik nie by die verbondsark kom nie, behalwe eenkeer per jaar op die Groot Versoendag, as die hoëpriester daar ingaan namens die volk en met bloed en wierook in sy hande.

Nou het Christus die pad gebaan deur die voorhangsel heen (Heb 10:19), dit is deur sy liggaamlike offer aan die kruis. Ons gebede kan nou by die troon (verbondsark simbolies) van God uitkom. Daarom sien ons elke Sondag uit dat ons as gemeente saam kan kom bid.

Die maagdelike geboorte van Jesus Christus 

Skriflesing: Genesis 3; (1953) Luk 1:26-38; Matt 1:18-25; Galasiërs 3:15,16
Teksvers: Gen 3:15
HK: Sondag 14

Wat in HK Sondag 14 geleer en bely word is vir sekere mense onaanvaarbaar omdat dit alle wetenskaplike grense oorskry. 

Wanneer ons egter die werklike diepte van sondeval sou begryp, dan sal jy ook verstaan dat slegs ‘n bo-menslike en bo-natuurlike ingrype, soos ‘n maagdelike geboorte (asook ‘n opstanding uit die graf en dood), die mens en hele skepping van daardie sonde-vloek kan verlos. 

Die wet is ons tugmeester na Christus toe 

Skriflesing: Galasiërs 3:1-29 (2020)
Teksvers: Galasiërs 3:24

Die wet leer ons om te glo. Dit is in kort waarop hierdie woorde uit Galasiërs neerkom. Want u sien, die belofte van God is lank voor die wet afgekondig. Geloof kom voor die wet. Daarom begin die afkondiging van die tien gebooie met die woorde: Ek is die Here jou God wat jou verlos. Dit is op grond van die verlossing wat die wet aan die volk gegee word, nie andersom nie. 

In Eksodus 19 verklaar God dat Hy van sy volk ‘n koninklike priesterdom maak. Dit strook ook met die woorde uit Openbaring 1 dat ons konings en priesters vir ons God gemaak word. So het God die wet gegee as ‘n tugmeester, as ‘n onderwyser sodat ons by Christus kan kom. 

Amper Christenskap 

Skriflesing: Handelinge 26:1-32 (2020)
Teksvers: Handelinge 26:15-18
HK: Sondag 13

Nie minder as drie maal word die bekering van Paulus in die boek Handelinge beskryf . 

Die eerste keer is die beskrywing van sy bekering, en die ander twee geleenthede is waar Paulus self verduidelik of getuig van sy bekering. 

In hierdie geval, voor koning Agrippa, en daarvan sê die koning: Jy het my amper oortuig om ‘n Christen te word. 

Ons staan stil by hierdie getuienis van Paulus waarin hy erken dat Jesus Christus die Here is. 

« Older posts Newer posts »