Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 171 of 192)

Brose kleipotte word deur God gebruik om sy lig te laat skyn!

Skriflesing: 2 Kor 4:1-15
Teksvers: 2 Kor 4:6,7

Ons lewens word gekenmerk deur baie fisiese en geestelike uitdagings. Paulus vergelyk ons met kleipotte wat maklik breek. Ons liggame is broos en ons is onderworpe aan baie skielike aanslae wat worstelinge by ons veroorsaak. Ons word getref deur geestelike en fisiese siektes en gebreke. ‘n Motorongeluk kan jou hele wêreld skielik verander. Daar is geestelike siektes, depressie, angsaanvalle, daar is fisiese siektes, ‘n aartjie wat bars, ‘n virus wat jou aanval, ‘n knievervanging, ‘n heupver- vanging, ‘n rugoperasie. Dit gebeur nie net met ouer mense nie, maar dit gebeur ook met kinders. ‘n Blindederm wat bars, ‘n motorongeluk veran- der jou wêreld in ‘n oogwink.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Ons is brose kleipotte deur God gemaak.
  • Ons is bruikbare kleipotte wat vol krake is.
  • Ons is kleipotte waaruit die lig moet skyn.

Laai af

God se kerk sal altyd triomferende kerk wees tot in die hemel

Skriflesing: 2 Kor 2:12-17; Rom 8:31-39
Teksvers: 2 Kor 2:14; Rom 8:37-39

Dit lyk of Paulus se lewe uitmekaarval. Hy werk hard om die evangelie uit te dra. Die deure is deur God wyd oopgemaak sodat Hy die evangelie kon bring, maar hy is bekommerd oor sy “geesteskind” Titus. Waar is Titus? Wat het van Titus geword? En hy vertrek om Titus te gaan soek in Masedonië.

In 2 Kor 7:5-7,13,14 lees ons het hy Titus gekry en hoe sy dankbaarheid oorgeloop het, God bewaar sy kerk. Al is ons hoe be- kommerd, God bewaar sy kerk en laat die evangelie ook soos ’n aangename geur versprei, ondanks swaarkry en lyding.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • God open deure om die suiwer-evangelie te verkondig.
  • God gebruik geroepenes om die suiwer-evangelie te verkondig.
  • God gee die oorwinning deur die suiwer-evangelie te verkondig.

Laai af

Die tuin van die Here!

Skriflesing: Hooglied 4
Teksvers: Hooglied 4:12

Die boek Hooglied bied aan ons ‘n stuk aangrypende poësie oor die verhouding van man en vrou. Die skrywer speel die hofmaakspel alte pragtig en daarby sien ons die reaksie van die bruid op die liefdespassies van die bruidegom.

Vanweë die intimiteit wat hier ter sprake is lyk dit of die paartjie getroud is. Uit ander tekste lyk dit egter eerder soos die verlief- de of verloofde paartjie wat hulleself intens in gees en gedagtes en in gesprek (dialoog) voorberei op die huwelik wat kom. Onder andere is daar die waarskuwings dat huweliksintimiteit nie voortyds misbruik mag word nie (herhaalvers 2:7 e.a).

Nietemin is die huwelik, en daarom ook hierdie huweliks-lied (gedig), ‘n duidelike afbeelding van die kerk van Christus as sy bruid. Hy besing en beskryf haar met allerlei beelde…

Vandag kyk ons veral na die kerk as sy tuin.

Laai af

Gaan dan…!

Skriflesing: Matt 28 Hand 1:8
Teksvers: Matt 28:1–20

Die Groot Opdrag is volgens hierdie teks op ‘n berg in die gebied van Galilea aan die dissipels gegee. Daarna moes hulle dan weer terug na Jerusalem gegaan het, vanwaar Jesus van die Olyfberg af opgevaar het na die hemel.

Voor Hy egter opvaar na sy Vader, kry ons hierdie opdrag om in te skakel by sy groot missie in die wêreld. God is oppad met sy Seun en sy Gees en besig om sy kinders bymekaar te maak. Hy maak ons deel van hierdie grootse missie. Hy doen dit met sterk versekeringe en beloftes!

Ons hoef net gehoor te gee en te doen, en so mag ons deel wees van die Groot Sending.

Laai af

 

 

Geloof groei wanneer jy dit gebruik

Skriflesing: Luk 17:1-10
Heid Kat son 7 vr 21
NGB art 24
Teksvers: Luk 17:6

Die dissipels het gevra: “Gee ons meer geloof?” Het jy ‘n ware geloof en watter rol speel jou geloof in jou lewe? Geloof is die kosbaarste geskenk van God aan sy kinders. Want dit is deur die geloof dat ons moet lewe. Dit is die opregte lewe, die ware lewe in die geloof.

Dikwels wil ons ook ons geloof meet aan die van ander gelowiges. Ons is partykeer bekommerd oor ons geloof of dit opreg is of nie.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Wat ‘n ware geloof is!
  • Waarom ‘n ware geloof moet groei!
  •  Wat die gevolge van ‘n ware geloof is!

Laai af

Kan jou geliefdes teen gevare beskerm word?

Skriflesing: Job 1
Teksvers: Job 1:4 en 5

Job was in sy tyd in die destydse Ooste die belangrikste man. Verder het die Here gesê dat Job se gelyke nie op aarde gekry sal word nie: “hy was vroom en opreg, hy het die Here gedien en die kwaad vermy.” Ten spyte van sy welvaart en belangrikheid, het Job die Here vroom en opreg gedien. Hy was ‘n toegewyde pa en het telkens by die Here ingetree vir sy kinders wat dalk gesondig het.

So het dit gebeur dat Job se sewe seuns om die beurt partytjies gehou het in mekaar se huise. Dan het hulle, hulle drie susters genooi om saam met hulle fees te vier. Job het dan elke keer na so ’n reeks party- tjies sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig. Vroeg die môre na die partytjies het Job vir hulle almal ’n brand- offer gebring. Job het dit gedoen uit vrees dat sy kinders dalk gesondig het en God in hulle gedagtes gevloek het.

Ten spyte van al Job se versoenende optrede ter wille van én in be- lang van sy kinders, het al 10 sy kinders op een slag gesterf. Was sy optrede dan nutteloos en tevergeefs? Het die offers nie gehelp nie? Wat is dan nodig om jou geliefdes teen gevare te beskerm?

Laai af

« Older posts Newer posts »