Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 170 of 192)

Ons Koinonia moet tog asseblief net aanhou!

Skriflesing: I Tess
Teksvers: I Tess 4:1 en 10

Ons sluit vandag die jaartema vir 2018 af. Die bedoeling met ons tema, “Ons gee om”, was om die gemeente te leer en te herinner om ware ‘koinonia’ (gemeenskap van die heiliges in die liefde en omgee vir mekaar) te beoefen. So het ons dan die tema op ons jaarprogram gehad en gereeld daaroor gehandel in ons prediking en toerusting van die gemeente. Ons kon uit die Woord van die Here leer wat dit is om mekaar lief te hê, soos Christus ons liefhet.

Paulus skryf aan die Tessalonisense om hulle te herinner aan ware koinonia, die broederliefde (Gr: filadelfia), soos hy dit noem. Die apostel is besorg oor die kerk dat hulle hul geesdrif sal verloor soos die tyd aanstap. Ons wil mekaar vanaand in die Woordbedie-ning en by die Nagmaal herinner aan die ware broederliefde wat ons met volharding en toewyding moet aanhou beoefen, ook nou dat daar ‘n nuwe jaartema aangekondig is.

Laai af

Jesus Christus is die Brood wat die ewige lewe gee

Skriflesing: Joh 6:22-40
Teksvers: Joh 6:35

Hoekom gebruik jy nagmaal? Is dit blote gewoonte of is jy werklik geestelik honger, en wil jy werklik versterk word met die ewige brood en die lewende water? Die Jode het ‘n wonderteken gesoek. Hulle wou sien en ervaar as voorwaarde voordat hulle sou glo. Hulle vra ook: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”

Hulle het so pas die vermeerdering van die brood beleef, met vyf brode en twee vissies het Jesus meer as 5 000 mense gevoed en daar het twaalf mandjies oorgebly. Hulle wil nog ‘n wonderteken sien en hulle sou iets vir God doen.

Hulle moet egter niks doen nie, maar hulle moet glo in God en in Jesus Christus as die Seun van God. Om nagmaal te gebruik is ‘n daad van geloof, van erkenning dat Jesus Christus vir my sondes betaal het aan die kruis, sonder enige verdienste van my kant af.

Laai af

Speel jy ook Morabaraba?

Skriflesing: Johannes 18 en 19
Teksvers: Johannes 19:1-3;14

Elders in ons nuusbrief vind jy die reëls vir die spel wat ons as kinders Meul genoem het. In my jong dae was dit veral die swartmense wat op straat hierdie spel gespeel het. Die doel was om die ander persoon te onttroon deur ‘n spel wat nogal vinnig gespeel word. Die swartmense speel dit nog deesdae gereeld en noem dit Morabaraba.
Die spel is egter donkiejare oud. Met ons toere deur die Bybelse lande het ons op ‘n paar plekke hierdie spel op die sypaadjies van die ou Romeinse stede uitgekrap gesien. Onder andere is daar so ‘n bordspel uitgekrap in die Fort Antonio, waar Pilatus se soldate hulle tyd met hierdie spel verdryf het (vlakby Gabbata, die Plaveisel). In daardie tyd is die spel in Grieks Basileus genoem, en word vry vertaal as die Konings-spel (The King’s Game). U kan seker u indink dat daar nogal heelwat geld met hierdie tydverdryf weggedobbel is.
Miskien speel ons vandag nog gereeld hierdie spel ten koste van die Here!?

Laai af

In die wêreld, maar nie van die wêreld

Skriflesing: Joh 17
Teksvers: Joh 17:15

Ons Here Jesus Christus bid in hierdie gebed vir sy dissipels op ‘n hartroerende manier. Hy staan self op die vooraand van geweldige lyding, spot en Godsverlatenheid. Tog is Jesus se fokus op die belange en uitdagings in die toekoms van die dissipels. Hy bid dat hulle, hulle roeping en taak sal kan verstaan en uitvoer. Dit te midde van ‘n vel aanslag wat hulle van die wêreld kan verwag as Hy opgevaar het na die hemel. Jesus bid nie dat die dissipels hulle sal onttrek van die wêreld nie. Hy bid wel dat ons hemelse Vader die gelowiges deur die werk van die Heilige Gees van die Bose sal bewaar.

Mag jy in hierdie gebroke wêreld weet dat Jesus Christus vir jou by die Vader intree. Mag jy ervaar hoe die Here jou beskerm en bewaar teen die aanslag van die duiwel en sy bose magte. Ons word nie wêreldvermyders nie, maar is geroep om in hierdie wêreld ligdraers te wees van die Blye Boodskap in Jesus Christus.

Laai af

God het ons gered, geroep om toegewy aan Hom te lewe

Skriflesing: 2 Tim 1:1-18
Teksvers: 2 Tim 1:9

Die meeste van ons het van babadae van God gehoor en geleer. Die meeste van ons is onderrig en geleer in die Christelike, gereformeerde leer vanaf graad 1-11. Wat ‘n voorreg! Op die manier het ons God leer ken, sy Woord leer ken en het God die geloof aan ons geskenk. Ja sonder enigste verdienste van ons kant het God ons begenadig met geloof en liefde. Die geloof en die kennis van God en van die evangelie het, moet ons in dankbaarheid leef.

Maar nou dat ons volwasse mense is en ons God ken en belydenis van ons geloof gedoen het of nog wil doen, moet ons dapper, entoesiasties en geestelik lojaal teenoor God wees. Want om God te dien is die belangrikste en die heerlikste roeping en taak wat ons op aarde het. Daarom is die belydenis van geloof aflegging sekerlik die grootste en belangrikste gebeurtenis in elke gelowige se lewe.

2 Tim 1:9

“Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het.”

Laai af

Berou oor sonde word sigbaar

Skriflesing: Miga 1
Teksvers: Miga 1:10-16

Is dit nodig dat jy jou berou oor jou sonde sigbaar sal maak? Indien jy wel berou het oor jou sonde, hoe maak jy dit sigbaar?

In hierdie hoofstuk kla die Here vir Israel aan, oor hulle voortgaan- de en volhardende sonde. Hy spreek ‘n oordeel oor hulle uit oor al die uitdagende en openlike sonde wat hulle gepleeg het. Die tyd van genade is verby. Die ballingskap gaan plaasvind. Daarom kom die Here in vers 16 en sê:

“Skeer ’n kaal kol op jou kop, skeer ’n kaal kol op jou kop soos dié van ’n aasvoël, want dié oor wie jy bly is, sal van jou af in ballingskap weggevoer word.”

In daardie tyd was berou, smart, verootmoediging en sonde bely- denis onder andere sigbaar gemaak deur die skeer van hare.

Mag jy jou opregte berou oor jou sonde gebrokenheid in jou woor- de en dade sigbaar maak.

Laai af

« Older posts Newer posts »