Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 167 of 192)

Die Groot Verrassing!

Skriflesing: Maleagi 1:1-5; Romeine 9:10-18; I Kor 3:9-23
Teksvers: Maleagi 1:2,3
DL: 1: 12-15

So graag teken ons God net as liefde. Dit is die waarheid. Skriftuurlike waarheid. Dit is ook net ‘n deel van die waarheid! God is ook verskriklike toorn as dit by sonde kom! Die Here vertoorn Hom so geweldig oor die sonde dat Hy die sondaar met die volle vloek van die sonde straf – die ewige dood in die poel van vuur en swael.

In die algemene prentjie van mense oor God pas hierdie gedag-tes dikwels glad nie in nie. Vir baie moet Hy die “liewe Jesus” met die sagte oë wees. Johannes op Patmos sien Hom egter as die verheerlikte God, groot en heilig: Sy oë vlam soos vuur en sy voete is van gloeiende koper waarmee Hy die goddeloses sal vertrap! God is ‘n wreker (Nahum 1:2) van die nasies en Hy laat sekeres in hulle sonde bly terwyl Hy sommige in sy groot barm-hartigheid uitred – ja, soos deur vuur heen!

Laai af

“Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe”

Skriflesing: 2 Kor 8,9
Teksvers: 2 Kor 9:7, 15

God se genade aan ons gemeente is onbeskryflik groot. God seën ons om alles in oorvloed te mag hê. 2 Kor 8:7 “Maar soos julle in alles oorvloedig is—in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons—sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.” Die genade om te gee is ‘n gawe van God. God se onuitspreeklike gawe aan ons was Jesus Christus wat self God is, wat alles besit, alles in die hemel en op aarde, Hy het twv ons arm geword, alles prysgegee om op aarde te betaal met sy liggaam en bloed. Paulus gee nie ‘n opdrag v8 dat ons dankoffers moet gee nie. God verwag nie van iemand om te gee wat hy nie het nie. God verwag net dank-baarheid van ons. 2 Kor_9:7 “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.” Mag ons nooit as gemeente ophou om God te dank nie. Mag ons nooit ophou om as gemeente uit te deel aan ander gelowiges, ander gemeentes, ander mense nie. Mag ons met blymoedigheid deel wat God aan ons toevertrou.

Laai af

Waarom is daar rampe?

Skriflesing: Lukas 13:1-9; Filippense 3:12-14
Teksvers: Lukas 13:1-9

Waarom val die loopbrug by Hoërskool Driehoek vier kinders dood en laat verskeie met ernstige beserings en gevolge in die hospitaal?

Slegte dinge gebeur daagliks. Soms met jouself en soms hoor of lees jy daarvan in die nuus. Die dinge herinner ons op ‘n harde manier daaraan dat ons in ‘n stukkende wêreld woon. ‘n Wêreld wat smag na redding en verlossing. Ook gelowiges sug saam met die wêreld, maar doen dit met die vaste hoop op die genade van God.

Hoe moet ons die nuus verwerk en die tragedies van ons dag verstaan? Wat sou Jesus antwoord op sulke hoekom-vrae?

laai af

Die uitverkiesing is ‘n onveranderlike voorneme van God in Christus

Skriflesing: Ef 1 en Joh 17
DR: Hfsk 1 par. 7-8

Jou naam is nie in die Boek van die lewe geskryf met:

  • ‘n Potlood wat kan uitvee nie.
  • ‘n Pen waarvan die ink kan vervloei of verdof of “uit-getipex” kan word nie.
  • MAAR jou naam is geskryf IN DIE BLOED van Jesus Christus.

Dit maak die troos vas en seker. Sy bloed waarmee Christus ons gekoop het, het ons deel geword. Simbolies eet ons Sy liggaam en drink ons Sy bloed aan die nagmaal en so word Christus se soenver-doenste deel van ons. Dit is deel van ons wese deur God se genade in Christus en kan daarom nie uitgevee word nie.

  1. God het in Christus uitverkies.
  2. God het die uitverkorenes aan Christus gegee.
  3. God roep en trek die uitverkorenes kragdadiglik na Hom.
  4. God gee aan die uitverkorenes geloof .

Laai af

Tevrede!

Skriflesing: 1Timoteus 6
Teksvers: 1Timoteus 6:6-8

Ons leef vandag in ‘n tyd waarin mense graag vorentoe wil gaan in hulle lewens. Hulle wil graag meer geld en ‘n beter motor en ‘n lekkerder huis bekom. Die mense wat die welvaartsteologie aanhang, glo dat jy as kind van die Here geregtig is op finansiële en materiële voorspoed.

Die Here kom in 1 Timoteus 6:6 om die wins van ons geloof in die Drie-Enige Here te verduidelik. Ja om in die Here te glo, om Hom te dien en te prys, hou vir elke gelowige ’n baie groot wins in. Helaas nie die tipe wins wat sommige mense verwag nie. Wel ‘n wins as iemand tevrede is met wat hy of sy uit die Vader se Hand ontvang het. Elke gelowige weet immers dat ‘n babatjie by geboorte niks in die wêreld ingebring het nie. Verder besef elke gelowige dat jy by jou sterwe ook niks met jou kan saam neem nie.

Die Here gee deur sy Heilige Gees aan elkeen wat in Jesus Christus glo, die genade om tevrede, dankbaar en vergenoeg te wees met alles wat die Here vir ons gee. Ja ons is meer as tevrede en dankbaar vir die feit dat ons kos en klere het elke dag.

Laai af

« Older posts Newer posts »