Skriflesing: Luk 24:1-35 Teksverse: Luk 24:30-34 Heid Kat Sondag 17 Vr en Antw 45
Vr. Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?
Antw.
Ten Eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin, Sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak.
Ten Tweede word ons nou deur sy krag tot ’n nuwe lewe opgewek.
Ten Derde is die opstanding van Jesus vir ons ’n betroubare waarborg van ons salige opstanding.
(1) Luk 23:34 “Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wa hulle doen nie!”
(2) Luk 23:43 “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees”
(3) Joh 19:26,27 “Daar is u seun…Daar is jou moeder”
(4) Mat 27:45,46 “My, God, My God, waarom het U my verlaat?”
(5) Joh 19:28-30 “Ek is dors”
(6) Joh 19:30 “Dit is volbring!”
(7) Luk 23:46 “Vader in U hande gee ek my gees oor”
Skriflesing: Johannes 1:1-14 Teksvers: Johannes 14:1-3
Dink bietjie terug toe jy na ‘n lang tydperk weer huistoe gekom het… die soete tuiskoms! Kyk nou op na die hemel en sien gegrendelde deure wat oopgaan! Jesus die Groot Kwartiermeester besig om die kamers oop te sluit wat deur sonde en dood toegesluit was.
Daar kom nou iets groots… iets wat geen oog nog gesien en geen oor nog gehoor en in die verbeelding van geen mens ooit opgekom het nie!
Petrus verwys in hierdie gedeelte na twee dinge wat die boodskap van verlossing in Jesus Christus versterk en bevestig. Die eerste is die profesieë in die Ou Testament en die tweede is sy persoonlike oor- en ooggetuie oor Jesus Christus op die berg van verheerliking (Matt 17:1-8).
Hierdie blye boodskap van hoop en redding in en deur Jesus Christus is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Die donkerte simboliseer die wêreld met al sy sleg en verkeerde. Daarteenoor simboliseer ‘n lamp die lig te midde van donkerte. Hierdie Lig in die donker wêreld is Jesus Christus.
Elkeen wat gefokus op die lig in en deur Jesus Christus lewe, sal weet dat Jesus Christus soos die helder môrester is wat die aankondiger is van die dag wat spoedig gaan aanbreek.
Mag die Heilige Gees jou in staat stel om die helder lig van Christus in jou hart te bewaar.
Die Kerk is die bruid van Christus. Ons vergeet maklik ons posisie omdat die bruids-beelde en -metafore in die Bybel nie so baie ooreenstem met die gebruike in ons Afrikaner se tradisies by troues nie.
Kom ons kyk weer na die Bybelse gebruike en gewoontes rondom die troudag en bepaal dan wat hierdie gedeelte vir ons sê in terme van ons verantwoordelikhede as Bruid van ons Konings-Bruidegom, Jesus Christus, wat kom.
Ons lees in Spreuke 17:22 dat “‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.” Wat ‘n voorreg om vreugde in die lewe te kan hê, ‘n tyd om te lag en ‘n tyd om te huil. Vanmôre weereens ‘n tyd om te lag van vreugde tot eer van God en vir nog ‘n gesin wat ons met blydskap in die gemeente welkom heet, vir ‘n belydenisaflegging, vir die doop van twee kinders. “Verbly julle in die Here!” Wat ‘n vreugde om te kan lewe. Die lewe bestaan ook nie net uit lag nie, maar daar is ook hartseer. So lees ons: “Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ons weer.” Ons gaan kortliks kyk na: