Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 124 of 192)

Ons ontrou teenoor God se getrouheid! Die grootste troos van genade! GOD BLY GETROU!

Skriflesing: 2 Tim 2:1-13 
Teksvers: 2 Tim 2:13; Psalm 33:4,5 

Ons sterkte lê nie in ons eie krag, of óns groot geloof nie. Ons sterkte lê in Jesus Christus Dit gaan oor die onverdiende genade wat God aan ons gee deur Jesus Christus. Daarom moet ons in harmonie met ons medegelowiges saamleef. Ons het die wonderlike belofte van genade. God se genade aan ons is onverdiend aan ons gegee. Hierdie wonderlike genade dien tot ‘n ontsettende groot troos vir elke Christen. Dit klink asof hierdie laaste drie verse voorwaardelik is vir redding. Nee, die teendeel is juis waar, vanweë ons geloof uit genade is ons bevoorreg om te weet dat God is altyd getrou. Ons gaan na drie sake kyk: 

  • Ons lewe deur Jesus Christus. 
  • Ons regeer deur Jesus Christus. 
  • Ons leef vanweë Jesus Christus se getrouheid. 

Verloën jy Jesus of wen jy die geestelike stryd met ‘n Oorwinningsperspektief?

Skriflesing: Luk 22:1-71; 1-6; 14-23; 31-34; 47-53; 54-62 
Teksvers: Luk 22:3-6; 21-23; 31;47,48; 60-62 
HK Sondag 52 

Judas Iskariot, self ‘n dissipel op sy tyd en Petrus, self ‘n lieflings-dissipel, verloën onse Here Jesus Christus. Dit is ‘n bewys van die skrikwekkende sondemag. 

Weens die sonde is ons in ‘n ononderbroke geestelike stryd teen die Satan, die sonde en ons eie vlees gewikkel. Ons moet nie een oomblik ons waaksaamheid verslap nie, want ons verkeer gedurig in die versoeking. 

Daarom dat ons Here Jesus Christus ons ook geleer het om te bid:…. 

“Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.” 

Van Stryd tot Oorwinning in en deur Christus

Skriflesing: 2 Tim 4:6-8 
Teksvers: 2 Timoteus 4:6-8 

Vandag doen 21 kinders van ons gemeente Publieke Belydenis van Geloof in Jesus Christus! Ons kyk terug op die opvoedingspad en dan vorentoe na die stryd wat nog voorlê… 

Ten minste gee die Here ook die belofte van oorwinning! 

Onthou die jaartema: Meer as Oorwinnaars deur Hom! Meer as net wenners in hierdie lewe. Daar wag ‘n kroon (Grieks:stefanos)van oorwinning! Dit opsigself dra al die belofte van die oorwinning. En dan word dit genoem ‘die kroon van geregtigheid’! 

Laat ons mooi nadink oor die stryd op die pad vorentoe, maar vashou aan sy beloftes! Daar wag ‘n groot verrassing .

« Older posts Newer posts »