Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 123 of 192)

Om die wêreld te oorwin

Skriflesing: 1 Johannes 5; Joh 16:33; Op 12:10-11 en Op 21:5-8 
Teksvers: 1 Johannes 5:4 

Onthou u ons jaartema? Meer as oorwinnaars…! Onthou u die sg. Griekse godin van oorwinning: Nike of Nika? Daardie Griekse woordjie van ons tema? In die twee verse van vandag staan hierdie woordjie vier keer geskrywe. Johannes, die apostel van die liefde, is die een skrywer wat die meeste konsentreer op die konflik van die geloof versus die wêreld, en die een wat hierdie Griekse woordjie (nika: oorwin, victory) die meeste gebruik.

Liefde vra immers vir oorgawe en toewyding, en dit vra vir keuses en veroorsaak noodwendig konflik.

Hoe kan ek en jy ook die wêreld oorwin?

Daar is blydskap in die hemel oor elke-een wat sy geloof bely!

Skriflesing: Luk 15:1-7 
Teksvers: Luk 15:7 

Belydenis van Geloof en Nagmaal 

Vanaand is daar groot vreugde… 

Eerstens is daar volwassenes wat belydenis van hul geloof doen en een wat gedoop word. Tweedens gaan ons as gemeente weer na ’n jaar die Heilige Nagmaal vier. 

Ons moet dit nie gering skat as mense wil deel word van die Kerk van die Here nie. Dit is so belangrik dat Jesus selfs in ’n gelykenis aan ons leer dat ons die nege-en-negentig ander skape moet los om die een te soek wat verlore is. Los beteken natuurlik nie in die wildernis nie, maar onder toesig en ordelik moet los. 

Daarom moet ons vanaand die Here opnuut loof en prys dat ons letterlik hierdie vreugde beleef om nuwe broeders en susters te verwelkom en die heilige nagmaal saam met hulle te vier. 

Die HERE is bly oor JOU!

Skriflesing: Sefanja 3:1-20 
Teksvers: Sefanja 3:17 

Die HERE wil ons harte bly maak. Hy wil hê dat ons vreugde vind in hierdie stukkende lewe. Maar ons veroorsaak soms ons eie smarte. Ons is so eiewillig en hardkoppig dat ons nie wil luister en doen wat die HERE ons leer wat vir ons goed is nie. Dink maar hoe Josia se hervorming gepoog het om die mense op te roep tot verantwoordelikheid sonder enige blywende gevolge. 

Die sonde is totaal destruktief. Dit vernietig alles. Daarom die belofte en vooruitsig: Op ‘n dag sal daar verlossing kom. Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Want Hy is bly oor JOU! Die HERE juig oor jou met gejubel. 

Deur God se oordeel oor die sonde kom daar verlossing. Dit is wat ons vandag gedenk. Almal saam. Verlossing in Jesus Christus. Die HERE is bly oor jou, vind jou vreugde in Hom… Amen

Jesus Christus is ons Amen

Skriflesing: Openbaring 5:1-14 
Teksvers: Openbaring 5:13-14 
HK Sondag 52

Ons gebruik die woordjie “Amen” so maklik en sonder werklike begrip van die betekenis wat dit dra. Dit is ‘n eg Bybelse woord en tog word dit erken in die wêreld. Want amen is meer as net ‘n woord. Dit is ook ‘n Persoon. In Openbaring 3:14 staan daar: “Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie…” 

As die Jesus self in gesprek was het Hy telkemale sy sin begin met: “Amen, Amen Ek sê vir julle…” Daar is baie meer aan hierdie woordjie om jou gebed mee af te sluit. 

Ons staan vanaand stil by die doksologie van die gebed met die tema: Jesus Christus is ons

Amen. 

« Older posts Newer posts »