Kategorie: Preke (Page 125 of 192)
Skriflesing: Matt 18:21-35; Lukas 7:36-50 (Matt 6:9-14; 1 Joh 1:5-10)
Teksvers: Luk 7:47; Matt 18:31-33
HK Sondag 51
Die bede om brood en die bede om vergifnis word in Matteus 6:12 met die woordjie “en” aan mekaar verbind. Die mens het beide ewe nodig: brood vir die liggaam en vergifnis vir die siel! So leer die Woord ons dat die mens nie net van brood alleen sal lewe nie… Daar is dus ‘n heilige balans tussen die stoflike en geestelike.
As jy egter mooi nadink, is die laste van jou sondeskuld veel erger as broodsgebrek. Die las van ‘n skuldige gewete en skuldgevoelens is dikwels die oorsaak van gebroke verhoudinge. Dit kan net heel word deur ware vergifnis. Vir daardie regte gesindheid moet ons bid. Vergifnis genees en heel. Daarom leer Jesus ons om te bid vir vergewing, mààr dan ook vir ‘n gesindheid waarin ek ook van harte gewillig is om my naaste opreg te vergewe.
Skriflesing: Nehemia 8:1-19
Teksvers: Nehemia 8:11
Uit die lewe van Dawid het ons gesien hoe dit hom bly maak om die Here te dien. Maar na Dawid gesterf het, het dinge in Israel erg skeef geloop. Die stamme is in twee ryke verdeel en die godsdiens in Israel en Juda verval tot materialisme.
Nie net is Israel in ballingskap weggevoer na Assirië nie, ook Juda is na Babel. Na 70 jaar in ballingskap kom daar van die ballinge terug om Jerusalem en die tempel te herstel. Onder Serubabel sukkel dit, en Sagaria en Haggai wys die mense op hulle dubbele standaarde. Hulle bly in betimmerde huise, maar die tempel lê stukkend. Die volk herstel die tempel, maar die mure van die stad is nog stukkend.
Dit is op navraag wat Nehemia, die skinker van die koning van Babel, hoor dat dinge in Jerusalem nie goed gaan nie. Tot nog toe was Nehemia te vrede met sy luukse lewe in die heidendom. Hy besef hy kan nie stilsit en maar net toekyk hoe die kerk tot niet gaan nie… Ons staan vanoggend stil by die voltooiing van die mure as die volk die wet vir die eerste keer in ‘n lang tyd hoor en hulle reaksie op God se genade… Amen
Skriflesing: Eksodus 16:1 ev
Teksvers: Eksodus 16:4
HK Sondag 50
Daar was om en by ‘n miljoen Israeliete wat uit Egipte getrek het, wat heel tereg gewonder het waar gaan hulle kos vandaan kry. Wat vir ons onmoontlik is, en ons finansieel sal ruïneer, om vir ‘n miljoen mense vir 40 jaar elke dag kos te gee, is vir die HERE voor die hand liggend…
Hy gee aan sy bemindes wat hulle nodig het in die slaap.
Hierdie woorde, waarmee ons Here Jesus ons leer om te bid, gee ons vandag ons daaglikse brood, is geweldig moeilik in ons huidige omstandighede. Dit voel byna onmoontlik om in te sien waar ons “brood” vandaan gaan kry.
Ons staan vanaand stil by die HERE wat ons beproef in die brood wat ons eet.
Amen