Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 118 of 192)

Missio Dei

Skriflesing: Openbaring 1:1-3 
Teksvers: Openbaring 1:1-2 

Ons word soms so maklik mislei deur opskrifte wat nie in die Bybel staan nie. Dink bv. aan die Bybelboek Openbaring wat algemeen bekend staan as die Openbaring van Johannes. Tog staan daar iets heeltemal anders in die eerste verse: die Openbaring van Jesus Christus… 

Ons wil vir die volgende paar weke fokus op die Sendingsopdrag soos dit deur die Skrif aan die lig kom met betrekking tot ons taak as kerk om sending te doen en bo dit alles, die ware Sendeling, God self. God stuur Jesus Christus om te openbaar wat gou gaan gebeur, deur die sending van die engel, wat aan Johannes te kenne gee, wat aan sy diensknegte bekend maak. 

Dit is die Sending van God, die Missio Dei. Amen 

Selfvoldaanheid teenoor Afhanklikheid

Skriflesing: Mat 5:1-12; Ps 34 
Teksvers: Mat 5:3; Psalm 34:9-11 

Dikwels is ons so selfvoldaan oor wat ons bereik en vermag het. Hetsy of dit in my werk, gesin, finansieel of selfs kerklik is. So maklik om in gemaksugtigheid te leef.

Hoe wil God hê moet ons hieroor dink?

  • Selfvoldaanheid voor God
  • Afhanklikheid van God
  • Goedheid van God

Elke oorwinning kom net van die Here!

Skriflesing: Psalm 20; Op 19:11-16; Deut 17 en 20 
Teksvers: Psalms 20:8

Gewoonlik kyk mense maar bietjie neer op ‘n donkie. Selfs spreekwoordelik is die donkie maar lui en steeks. Gee my veel liewer die krag van ‘n perd en sy ruiter en ek sal beter doen, verder vorder meer oorwin.
Dit is alles menslike gedagtes. God het nie iets of iemand nodig om sy plan uit te voer of oorwinnings te behaal nie. Juis omdat ons nie kan nie, doen Hy dit self. Selfs in die alledaagse gewone dinge kan ons maar net op die Here vertrou en op dié manier totaal anders wees as die mense van die wêreld onder wie ons lewe en oorlewe! 

Die leërowerste van die HERE!!

Skriflesing: Josua 5:1‑6:6; Josua 6 (self lees) 
Teksvers: Josua 5:14 

Ons lees hierdie hoofstuk oor die val van Jerigo soos ‘n mooi storie. Soms ‘n slaaptydstorie! Onthou net dat hierdie verhaal opgeteken is in die Bybel, omdat ons God leer ken uit sy werke in die geskiedenis. Dit is dus veel meer as net ‘n storie, dit is die bekendstelling van die heilige en magtige God self. Ons moet vasstel wat die Here in die geskiedskrywing van Homself aan ons bekend maak, en hoe dit dan ook ons lewe raak. 

Wat is die vergelyking tussen Josua en Jesus, terwyl hulle name presies dieselfde beteken: Redder/Verlosser? 

Waarom kom die Here juis nou en op hierdie wyse na genl. Josua toe? 

« Older posts Newer posts »