Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 117 of 192)

Aanskou hoe die Here vir julle veg en loof Hom!

Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-34
Teksvers: 2 Kronieke 20:17

As dinge vir ons té veel raak en ons skrik vir die omstandighede en die bedreigings van ons tyd, roep die Woord van die Here ons op om sy oorwinnings in herinnering te roep. Kyk hoe het Hy sy volk in die ou tyd telkens uit die grootste benoudhede verlos. Kyk dan na die Nagmaaltekens en weet: Die Here voer selfs die stryd vir ons. Ons is deel van sy koninkryk waarvan Hy die Oorwinnaar-Koning is! 

God is EWIG

Skriflesing: Gen 1:1-5; Ps 90:1-6; Ps 92:1-16
Teksvers: Gen 1:1 

  • God is ewig – voor die Skepping. (Genesis) 
  • God is ewig – in die Skepping. (Vanaf Genesis tot Openbaring) 
  • God is ewig – na die Skepping (In die ewige heerlikheid) 

Missio Dei

Skriflesing: Openbaring 1:1-3 
Teksvers: Openbaring 1:1-2 

Ons word soms so maklik mislei deur opskrifte wat nie in die Bybel staan nie. Dink bv. aan die Bybelboek Openbaring wat algemeen bekend staan as die Openbaring van Johannes. Tog staan daar iets heeltemal anders in die eerste verse: die Openbaring van Jesus Christus… 

Ons wil vir die volgende paar weke fokus op die Sendingsopdrag soos dit deur die Skrif aan die lig kom met betrekking tot ons taak as kerk om sending te doen en bo dit alles, die ware Sendeling, God self. God stuur Jesus Christus om te openbaar wat gou gaan gebeur, deur die sending van die engel, wat aan Johannes te kenne gee, wat aan sy diensknegte bekend maak. 

Dit is die Sending van God, die Missio Dei. Amen 

« Older posts Newer posts »