Kategorie: Preke (Page 102 of 192)
Skriflesing: Hebreërs 1:1-14
Teksvers: Hebreërs 1:8-9
Die Hebreërbrief beskryf aan ons die uitnemendheid van ons Verlosser en Koning, Jesus Christus. Vir die volgende klompie weke sal ons hierop fokus met ons aandag op hoe Jesus groter of meer uitnemend is as die engele, as Abraham, as Moses, as Josua.
Jesus Christus is ‘n ewige Koning en sy troon is ‘n ewige troon. Hoe lyk sy Koningskap en regering oor jou lewe?
Skriflesing: Joh 14:15-31
Teksvers: Joh 14:27
Vrede is ‘n baie gelade woord in die Bybel. Dit beteken baie meer as die afwesigheid van onmin, bakleiery of oorlog. Trouens hierdie vrede in ons Skrifgedeelte kom van Jesus Christus af. Jesus het dit aan ons gegee as ‘n geskenk, as ‘n gratis geskenk aan ons.
Daarom gaan ons na drie sake kyk:
- Vrede laat Christus vir ons na.
- Vrede gee Christus aan ons.
- Vrede van Christus is besonders.
Skriflesing: Eseg 36:16-38
Teksvers: Eseg 36:21,22,25,26,27
HK Sondag 23
‘n Hofsaak met ‘n uitspraak wat nie logies is nie.
- Die aanklag is skuldig.
- Die uitspraak is genade.
- Die straf is vrygespreek.
Ons roem daarop dat ons ‘n Christelike volk is. Maar wys ons dade en ons volkslewe dit? Wys ons lewe dat ons getrou is aan ons naam, Christene wat reformeer, terugkeer na die Bybel?
Die groot troos is egter in die volgende drie woorde saamgevat.
- Skuldig!
- Begenadig!
- Vrygespreek!
- Begenadig!
Skriflesing: 1 Kor 11
Teksvers: 1 Korintiërs 11:27-29
In die Rooms Katolieke Kerk word die nagmaalbrood vooraf deur die priesters geseën en dan verander dit in wese tot die liggaam van Christus! (So word die doopwater ook gewyde water!) Dit is die Transsubstansiasieleer van die RKK. Hulle noem die broodjie daarom nie meer ‘brood’ nie, maar wel ‘n “hostie”. Dit is afgelei van die Latynse woord ‘hostia’ wat offer-lam beteken.
Gevolglik mag gewone mense, onwaardige leke, nie die heilige brood of wyn hanteer nie. Dalk mors hulle daarvan of daarmee!
Ons teks vandag gaan oor waardige en onwaardige nagmaalviering. Jy kan selfs in ‘n oordeel kom, beskaam word, as jy nie mooi oplet nie. Die vraag is dus: Is jy waardig? Wie mag dan Nagmaal vier? Wat is onwaardig? Ens.