Kategorie: Preke (Page 101 of 192)
Skriflesing: Matt 14:22-36
Teksvers: Mat 14:27,33
Ons kan so maklik moedeloos en eensaam en bang raak. Dit voel so maklik om ons alleen in die wêreld is. Dan raak ons maklik klein-gelowig. Dan kan ons dink maar, waar is God? Het God my nie vergeet nie? Hoekom laat God sulke dinge toe? Hy is mos almagtig!
Ons gaan na drie punte kyk:
- God se daaglikse sorg.
- God se besondere sorg.
- God se spesifieke sorg.
Skriflesing: Jes 7:1-25; Matt 1:18-25; Op 21:1-8
Teksvers: Jes 7:14 Matt 1:21,23 Op 21:3
Oor twee weke is dit Kersfees. Gewoonlik word daar nou gepreek oor Jesus se geboorte. Dit is ook reg so, want dit is die tyd van die jaar waar ons terugdink aan Jesus Christus se geboorte. Maar van Jesus se geboorte word al in die Ou Testament van geprofeteer. Trouens, terwyl Adam en Eva nog in die tuin van Eden was, in Gen 3;15, is daar deur God geopenbaar van die verlossing vir sy kinders. As ons dan Jes 7:14 lees, dan blyk dit asof daar direk van Jesus se geboorte geprofeteer word. Maar ons moet die profesieë in konteks bestudeer totdat ons uiteindelik by die volle betekenis daarvan kom.
Ons gaan vanmôre, na die volgende drie sake kyk:
- Die profesie van Immanuel Jes 7:14.
- Die vervulling van Immanuel Mat 1:21,23.
- Die ewige betekenis van Immanuel Open 21:3.
Skriflesing: Hebreërs 2:1-18; Psalm 8:1-8
Teksvers: Hebreërs 2:6-9
Jesus Christus is meer uitnemend as die engele. Hy is die ewige ware God, die Eie Seun van die Vader. Maar Hy wat so uitnemend is, het selfs minder as die engele geword.
Hy het sy eer en heerlikheid prysgegee om as mens aan sy broers gelyk te word. Oor die engele is Hy nie besorgd nie, maar oor die nageslag van Abraham.
Wat is die mens tog, dat U aan Hom dink?
Skriflesing: Lukas 2
Teksvers: Lukas 2:8-20
Al ooit die vraag gevra waarom God juis aan die herders op Bethlehem se velde dié groot nuus bring? Of kom ons los die hoogdrawende woord en noem hulle sommer gewone skaapwagters. Veldmense. Vuil mense. Dom mense. Die lae klas! En was die onbetroubares en onreines, en tog maak die Here Homself eerste, heel eerste aan hierdie groep bekend.
Dit sal ook later blyk dat baie min mense hulle aan die skaapwagter ”fabels” gesteur het, want jare later weet niemand meer dat Jesus in Bethlehem gebore is nie en niemand glo dat Hy die Messias is nie.
Jesus kom vereenselwig Hom met die gewone mense en gebruik hulle selfs as die eerste “sendelinge” van die evangelie!