Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Psalms (Page 5 of 13)

God hou sy verbond altyd in stand

Skriflesing: Psalm 105:1-15, 42-45
Teksvers: Psalm 105:8-10

Hierdie Psalm, die eerste 15 verse, het Dawid laat sing by die feesviering toe die ark in die spesiale tent aangebring is. 1 Kron 16:7-22. Dit is ’n loflied wat God se verbond met sy volk Israel beskryf. Dit handel oor God se genade met Israel van Abraham af tot by die inbesit-neem van Kanaän. In hierdie Psalm word baie sterk klem gelê op God as Jahwe, die Here, die verbondsgod en sy genade met sy volk. Aan die verbond self word daar ten minste drie verse afgestaan. Ons kan die Psalm in vier groot dele indeel: 

God se genadige verbond met sy kinders. v.1-15 

God se wyse voorbereiding vir die uitvoering v/d verbond. v.16-25 

God se ongelooflike leiding en versorging v/d verbondsvolk. v.26-41 

God se onbreekbare trou van sy verbond. v.42-45 

God het sy verbond gesluit met Abraham en sy nageslagte tot in die duisendste geslag. So word hierdie verbond ook vanmôre aan ’n verbondskindjie beseël met die doop. 

Wat ‘n ervaring!!

Skriflesing: Psalm 34 (Verw 1 Sam 21:12-15)
Teksvers: Psalm34:9

Ter voorbereiding van die prediking en Nagmaalviering is dit nogal nodig dat jy rustig dink oor hoe goed die Here al vir jou was. Miskien moet jy soos Dawid ‘n bepaalde insident in gedagte roep.

Dawid verwys hier na die episode by die stadspoorte van die Filistynse koning Agis (sy ampstitel was Abimeleg), waarvan ons kan lees in 1 Samuel 21. In die tyd van die vervolgings deur koning Saul het Dawid baie sulke noue ontkomings beleef. Die Here het hom uit gevare en benoudheid gered en dit het hom ‘n bepaalde ervaring van sy God gegee.

« Older posts Newer posts »