Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Psalms (Page 6 of 14)

Koester kinders as geskenk van God!

Skriflesing: Psalm 127; Psalm 128
Teksvers: Ps 127:3,4; Ps 128:3,4,6

Nie alle mense het die voorreg om te trou nie. Nie alle getroude pare het die voorreg om kinders van God te ontvang nie. Maar almal wat getroud is en kinders het en alle volwassenes moet God se kinders waardeer, vir hulle ’n voorbeeld wees van christen-skap, vir hulle bid, hulle bewaar en beskerm as ge-skenke van God. Onthou wat Jesus Christus self gesê het in Mat 18 ivm die kindertjies. Kinders is geskenke van God en moet opgevoed word tot eer van God.

Hy wat reg lewe sal gered word!

Skriflesing: Psalm 50 
Teksvers: Ps 50:21-23 

Dit is so maklik om met die mond God te vereer, maar met gedagtes, woorde en werke doen jy anders. Dit is so maklik om die regte dinge te doen, maar hoe is jou werklike gesindheid. 

Dit is so maklik om jouself, die wêreld om die bos te lei, maar vir God kan jy nooit iets wegsteek nie. Daarom die ernstige waarskuwing in die Psalm om in opregtheid voor God te lewe. Dan sal daar vir jou redding wees. 

Opregtheid en eerlikheid is wat God van ons vra. 

Dien die Here met blydskap, as gemeente saam!

Skriflesing: Psalm 100
Teksvers: Psalm 100:4-5

Juig, dien, blydskap, jubel, dankliedere, lofsange, prys sy Naam!
’n Dankpsalm. ’n Psalm by uitstek wat tot eer van God gesing word.

’n Psalm wat die verbond so pragtig bekragtig en verduidelik. ’n Psalm vir die gemeente by die aanvang van die nuwe jaar.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Juig tot eer van die Here.
  • Erken die Here.
  • Dien die Here as gemeente saam.

God hou sy verbond altyd in stand

Skriflesing: Psalm 105:1-15, 42-45
Teksvers: Psalm 105:8-10

Hierdie Psalm, die eerste 15 verse, het Dawid laat sing by die feesviering toe die ark in die spesiale tent aangebring is. 1 Kron 16:7-22. Dit is ’n loflied wat God se verbond met sy volk Israel beskryf. Dit handel oor God se genade met Israel van Abraham af tot by die inbesit-neem van Kanaän. In hierdie Psalm word baie sterk klem gelê op God as Jahwe, die Here, die verbondsgod en sy genade met sy volk. Aan die verbond self word daar ten minste drie verse afgestaan. Ons kan die Psalm in vier groot dele indeel: 

God se genadige verbond met sy kinders. v.1-15 

God se wyse voorbereiding vir die uitvoering v/d verbond. v.16-25 

God se ongelooflike leiding en versorging v/d verbondsvolk. v.26-41 

God se onbreekbare trou van sy verbond. v.42-45 

God het sy verbond gesluit met Abraham en sy nageslagte tot in die duisendste geslag. So word hierdie verbond ook vanmôre aan ’n verbondskindjie beseël met die doop. 

« Older posts Newer posts »