Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 67 of 69)

HERE, in ons nood kan ons maar net vashou aan u troue verbondsbelofte

Skriflesing: Daniël 9
Teksvers: Daniël 9:19

In Daniël 9 word die worsteling deur Daniël vir sy eie sonde en vir die sonde van die volk Israel biddend voor die Here gestel. Daniël beroep hom op die belofte van die trroue HERE van die verbond. Net die HERE kan uitkoms gee en redding en troos.
Terwyl hy nog so bid, het die engel Gabriël aan hom verskyn en die visioen van die 70 jaar ballingskap kom verduidelik.
Net die HERE kan uitkoms gee in ons lewe en in ons land. Net Hy is ons rots en ons anker en toevlug.

Laai af

Die Here is ons fokus in die verlede, hede en toekoms

Skriflesing: Jesaja 51
Teksvers: Jesaja 51: 2,3

Die Here praat in hierdie gedeelte in besonder met die Israeliete wat
“na die wil van die Here vra”. Om hoop en vrede in die hede en die
toekoms te kan verwag, roep die Here die gelowige Israeliete om terug
te dink aan die handelinge van die Here in die verlede. So word hulle
aandag eerstens op Abraham gevestig. Dan roep Hy hulle op om aan
die Here te dink wat die skepping daar gestel het. Dan word hulle
aandag weer op die Here gevestig tydens die uittog uit Egipte.
Die wat op die Here gefokus is, kan die vrees en bewing vir die vyand
teëstaan deur die werk van die Heilige Gees. Redding gee die Here
alleen vir die wat op Hom fokus.
Mag jy in die veranderende wêreld weet dat die Here ons God is. Hy
sal ons in die skadu van sy Hand beskerm.

Laai af

God seën ‘n worstelende gelowige

Skriflesing: Genesis 32
Teksvers: Genesis 32

“…. Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.” Toe vra die man: “Wat is jou naam?” en hy antwoord “Jakob.”
Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense ‘n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.”
Toe sê Jakob: “Sê my tog jou naam,” en die man vra: “ Waarom vra jy my naam? … ””
Genesis 32: 26-29

Laai af

Jesus Christus is die kruispad in elke mens se lewe

Skriflesing: Jer 6:1-30
Teksvers: Jer 6:16,17

By die kruispad vra na die beste pad en loop die pad van Jesus Christus.

Jer 6:16,17
“So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar hulle het gesê: “Ons sal nie daardie pad loop nie.” 17). Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê: Luister na die ramshoring! Maar hulle het geant-woord: “Ons sal nie luister nie.”

1. Daar is ‘n kruispad in elke mense se lewe.
2. Daar is ‘n kruispad waar jy ‘n keuse moet maak.
3. Daar is ‘n ramshoring wat jou op die regte pad roep.

Laai af

Respekteer Godgewilde gesag

Skriflesing: Numeri 12
Teksvers: Numeri 12: 2,9

Die aanvaarding van gesag oor ‘n mens, is nie sommer iets wat van-selfsprekend kom nie. Normaalweg sal ‘n mens graag sy eie idees en verwagtings probeer bevorder tot sy of haar eie voordeel. In hierdie hoofstuk kom dit na vore dat Mirjam en Aäron nie soseer teen Moses se huwelik met die Kussitiese vrou was nie, maar eerder naywerig was op sy Godgegewe en Godgewilde leiersposisie.
Aangesien Mirjam die een is wat gestraf is, was sy vermoedelik die aanhitser om teen Moses se gesag in opstand te kom. God se antwoord op Mirjam en Aäron se opstand teen Moses is iets beson-ders. Dit kom eintlik daarop neer dat hulle hulle teen die Here se wil en bepalings verset het.
Mag jy groei in jou onderwerping aan alle gesag wat deur die Here bepaal is, sodat daar in jou lewe en in ons land die nodige vrede mag wees.

Laai af

Kan God nie maar net die sonde oorsien nie?

Skriflesing: Sefanja 1
Teksvers: Sefanja 1

Die verwronge beeld wat ons van God het kom van ons eie ervaring van ouerskap. Hoeveel keer het jy nie maar net jou kind se stoutigheid oorgesien nie…? Hoe gereeld draai jy maar net weg (turn a blind eye), en maak of jy nie gesien het nie! Om te straf is immers nie lekker nie. Kinders, hoe ge-reeld het jou ouers nie al jou verskoon sonder dat jy vergifnis gevra het nie! Of sommer net nie gestraf nie, en dan dink ons dis ware ouerliefde.
Spreuke leer ons daarteenoor dat ‘n vader wat sy kind liefhet hom wel tugtig! Liefde spaar die roede nie! Maar tog wil ons liewer dat God ons sommer-so oorsien. So is Hy nie. Hy is die Heilige, die Regverdige, die Almagtige, die ewige God van heerlikheid. In sy wese kan Hy die sonde geensins verduur nie. Straf sal Hy… en Hy gaan ewig straf… want Hy moet… Hy is God. En daarom het ons troos nodig: Genade wat alleen in Christus te vinde is.

Laai af

« Older posts Newer posts »