Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 66 of 66)

God staan in beheer van die lyding van sy kinders

Skriflesing: 2 Konings 8
Teksvers: 2 Konings 8:11-13

In 1 Konings 19:15-16 gee die Here vir Elia opdrag om vir Gasael tot koning van Aram asook vir Jehu tot koning van Israel te salf. Verder moes hy vir Elisa as profeet van die Here en opvolger van Elisa salf. Uit hierdie gedeel-te in 2 Konings 8:7-14 wil dit voorkom dat Elia moontlik nie vir Gasael tot koning van Aram gesalf het nie, maar die taak aan Elisa oorgelaat het.
Waarom sou die Here aan Elia die opdrag gegee het om vir Gasael tot koning van Aram te salf as Gasael soveel leed vir die Israeliete sou veroor-saak? Die lyding van Israel deur Gasael sou so erg word, dat dit vir Elisa in trane laat uitbars het.
Kan dit wees dat die Here ‘n koning soos Gasael sou aanstel, wetende dat die Israeliete baie swaar sou kry onder hom? Kan dit wees dat die Here dit sou beskik of toelaat dat sy kinders swaar sal kry onder die bewind van ‘n slegte heerser?

Laai af

Wie mag?

Skriflesing: Ps 15 en24; Jes 33;Matt. 5; Op 21:8;22:14
Teksvers: Ps 15

Volgens Psalm 15 moet jy volmaak wees om voor God te verskyn. Volmaak! Wie mag dan ingaan na God toe? Wie mag in sy teen-woordigheid staan? Dink jy dat jy dit sal oorleef? ‘n Mens soos ek en jy? Goeie vraag.
Die antwoord is nie so eenvoudig nie en tog is dit eenvoudig: Jy kan nie. Hy kan. Die vraag is wie is hy wat kan? Is daar vir jou en my ‘n pad? Kan ons volmaak wees? Die vrae hou net nie op nie! Is daar antwoorde? Wel oordink dit vandag en dan luister ons vanaand … hoe eenvoudig (en wonderlik) dit eintlik is!

Laai af

Jesus Christus heers as koning aan die regterhand van die Vader

Skriflesing: Psalm 110; Matteus 22 en Efesiërs 1
Teksvers: Psalm 110: 1; Matteus 22:41-46 en Efesiërs 1:18-23
HK Sondag 19

Jesus Christus sit aan die regterhand van die Vader om sodoende te bevestig dat Hy die Hoof van sy Christelike kerk is. Dit het meegebring dat ons Hoof, Jesus Christus, deur sy Heilige Gees die hemelse gawes in ons, sy lede, uitstort het.
Verder word ons verseker dat Hy ons met sy mag teen alle vyande be-skerm en bewaar. As ek dan swaar kry, dan kan ek getroos lewe tot met die wederkoms van Christus. Hy sal dan kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
Tot dan wag ek met gespanne verwagting op die Regter uit die hemel. Dit is immers Hy wat hier op aarde in my plek voor die regbank van God gestel en alle vervloeking van my weggeneem het. Verder is ek vertroos in die wete dat Christus al sy en my vyande in die ewige verdoemenis sal werp, maar vir my, saam met al die uitverkorenes, na Hom in die hemel-se blydskap en heerlikheid sal saamneem.

Laai af

Sola Scriptura!

Skriflesing: 2 Samuel 23:1-17 [Efes 6:10-17 en Heb 4:12]
Teksvers: 2 Samuel 23:10

Wat is jou opinie oor die strydvraag in die susterskerke? Wat dink jy van genadedood? Hoe voel jy oor die nuwe wysies? Wat sê jy van aborsie? So gaan die gesprekke tussen ons mense. So al asof dit werklik saak maak wat my en jou opinie is. Wat saak maak is wat God van die groot vrae van ons lewe sê! En Hy sê dit in sy Woord. Die Heilige Skrif. Die Bybel. Die geïnspireerde Woord van God. Die enigste Kanon. Die maat-reël van ons geloof.
Die vraag in ons gesprekke behoort dus te wees: Wat sê God oor al hierdie dinge? Wat sê die Woord, die Bybel hieroor en daaroor. Dan sal die proses begin waar ons en die die Bybel één word. Ons sê en doen dan, net wat die Here wil/sê! En dit is waaroor dit eintlik in ons tema en in die Woordbediening vanoggend handel. Sola Scriptura. Alleen die Woord!

Laai af

Om die goeie te kan geniet is ’n gawe van God.

Skriflesing: 1 Tim 6:3-21; Spr 30:7-9; Pred 3:11-13
Teksvers: 1 Tim 6:6-10; 17-19; Spr 30:7-9; Pred 3:13

“Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.” Deut 8:18
Ons standaard van lewe vandag, sou sekerlik as skatryk beskou gewees het in Timoteus se lewe.
Dit is moontlik om:

  • in hierdie lewe ryk te wees en in die hiernamaals arm,
  • in hierdie lewe arm te wees en in die hiernamaals ryk,
  • in hierdie lewe ryk te wees en in die hiernamaals ryk,
  • in hierdie lewe arm te wees sowel as in die lewe hierna arm te wees.

Ons gaan na vier sake kyk:

  • Wees nederig met wat jy van God ontvang het.
  • Vertrou op God en nie op rykdom nie.
  • Geniet wat God aan jou gegee het.
  • Gebruik wat jy ontvang het tot voordeel van jou medemens

Laai af

Waar is jy?

Skriflesing: Genesis 3 en 4
Teksvers: Genesis 3:9 en 4:9

God is ons Vader deur Jesus Christus, ons Here en Broer. Die kerk as huisgesin van God is ons “moeder”. Die wese van die hierdie gemeente lê in haar roeping om ware kerk van Christus te wees. Die heilige, algemene, Christelike kerk. Vir die bewaring van die suiwere kerk as sy huisgesin is die Christelike dissipline of onderlinge tug nodig. Die sleutels daarvoor is die Woord en die sensuur/tug. Met hierdie sleutelmag vra die Here dieselfde vraag aan jou en my as aan Adam en Eva. En met daardie vraag help dit nie om weg te kruip nie. Hy roep jou uit jou skuilplek na Hom toe! Hierin sit daar groot genade, maar terselfdertyd ook ‘n groot opdrag. Hy roep jou ook na sy Verbondstafel!

Laai af

Newer posts »