Skriflesing: Sefanja 1
Teksvers: Sefanja 1

Die verwronge beeld wat ons van God het kom van ons eie ervaring van ouerskap. Hoeveel keer het jy nie maar net jou kind se stoutigheid oorgesien nie…? Hoe gereeld draai jy maar net weg (turn a blind eye), en maak of jy nie gesien het nie! Om te straf is immers nie lekker nie. Kinders, hoe ge-reeld het jou ouers nie al jou verskoon sonder dat jy vergifnis gevra het nie! Of sommer net nie gestraf nie, en dan dink ons dis ware ouerliefde.
Spreuke leer ons daarteenoor dat ‘n vader wat sy kind liefhet hom wel tugtig! Liefde spaar die roede nie! Maar tog wil ons liewer dat God ons sommer-so oorsien. So is Hy nie. Hy is die Heilige, die Regverdige, die Almagtige, die ewige God van heerlikheid. In sy wese kan Hy die sonde geensins verduur nie. Straf sal Hy… en Hy gaan ewig straf… want Hy moet… Hy is God. En daarom het ons troos nodig: Genade wat alleen in Christus te vinde is.

Laai af