Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 31 of 66)

Die Bybel: is dit net vir grootmense

Skriflesing: Psalm 119: 9 – 16 
Teksvers: Psalm 119: 9 

Die Bybel… is dit net vir grootmense bedoel of is dit ook vir kinders en jongmense? Want soms kom mens by gedeeltes in die Bybel wat selfs vir die grootmense moeilik is om te verstaan. En as die grootmense soms sukkel om te verstaan wat hulle lees, kan dit mens laat wonder: wat van die kinders? Ons teksvers werp besondere lig hierop as daar gevra word “Hoe kan ‘n jongmens sy lewe skoonhou…?” Die goeie nuus van hierdie woorde is dat die Bybel vir elke kind bedoel is, van alle ouderdomsgroepe. Ons leer ook dat die Bybel ‘n baie kosbare geskenk, en hulpmiddel, uit God se hand is om kinders en jongmense te help om `n mooi en geseënde, vol lewe te lewe. Dis wat ons vanmôre in die prediking gaan hoor 

  • die goeie nuus dat die Bybel vir alle kinders bedoel is; 
  • waarom die Bybel vir alle kinders belangrik is; en 
  • watter rol ouers in kinders se lewe speel as dit kom by die verstaan van die Bybel. 

In Christus moet ons ongesuurde brood wees van reinheid en waarheid

Skriflesing: Eks 12:15-20; Num 9:1-5; 11-12; Jos 5:10-12
Teksvers: Eksodus 12:15-17

Binnekort is dit Paasfees. Die groot fees van die offerlam wat geslag is. Saam met die Paasfees is daar egter nog ‘n fees, ‘n half onbekende fees. Die fees van die ongesuurde brode. Hierdie fees moet vir sewe dae lank gevier word, van die 14de tot die 21ste van die maand.

Ons kyk vanaand na die betekenis van die ongesuurde brode en hoe dit op ons self betrekking het.

Die genade-verbond roep tot gehoorsaamheid!

Lees: Genesis 15:1-21
Teks: Genesis 15:8,13,17

Op versoek kyk ons nog ‘n keer na die verbondsluiting van God met Abraham en sy nageslag. In hierdie hoofstuk is die mens die onseker een wat tekens en bewyse soek vir die beloftes van God. Hoe pateties eintlik. God is ewig getrou. Aan sy word hoef ons nooit te twyfel nie. Maar in sy genade gee hy die wat die mens vra. En later volg ook nog die besnydenis (nou die doop as teken van die verbond). Die klem in die verbondsluiting lê eintlik in die genade wat God gee en die die mens wat daardeur opgeroep word tot gehoorsaamheid.

Wat nog?

(Voorbereiding)

Skriflesing: Jesaja 5:1-30 
Teksvers: Jesaja 5:4 

Ongeveer een hele honderd jaar v  r die ballingskap na Babel is Jesaja geroep as profeet in Juda. Sy opdrag is om te waarsku en te roep tot bekering. In terme van die tema van 2022 (Vrug van die Gees) en die voorbereiding van die nagmaal volgende week, is dit heel gepas om onsself te toets aan die vermanings van Jesaja 5.

Vermanings in liefde gedoen soos hier is altyd bedoel as God se genade. In genade word ons ook v  r die nagmaal vermaan om onsself onder loep (vergrootglas) van God se Woord te stel, voordat ons aan die nagmaal gaan. Anders eet en drink ons mos ‘n oordeel oor onself!

Wat het jy om te gee?

Skriflesing: Markus 8:34-38 (OAV 1953); Psalm 49
Teksvers: Psalm 49:8,16
HK Sondag 5

8. Een mens kan tog nie ‘n ander loskoop van die dood en aan God ‘n losprys vir hom betaal nie? 

9.Die prys vir ‘n mens se lewe is te hoog. Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees 

10. dat hy vir altyd sal lewe en die dood nooit sal smaak nie. 

16. Maar vir my sal God loskoop uit die mag van die dood; ek sal aan Hom behoort. 

« Older posts Newer posts »