Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 32 of 66)

Van brood alleen kan die mens nie leef nie

Skriflesing: Deuteronomium 8:1-6 Lukas 4:1-13
Teksvers: Deuteronomium 8: 3

In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood…. eet, nie verdien nie. Hoe hard ons ook al werk vir brood op die tafel, sal ons van hierdie brood alleen nie kan leef nie. 

Hierdie woorde uit Deuteronomium wys sy volk op die feit dat hoewel hulle meer as miljoen mense was, hulle 40 jaar lank in die woestyn onderhou is. Hulle het nie gewerk en geplant en hulle brood moes “verdien” nie, want God gee dit. 

Ook ons moet leer dat ons behoud, en die behoud van die ganse bestaan van die mens, nie in brood gebrek is nie, maar Brood gebrek. Wat baat dit die mens tog as hy alles liggaamlik het wat nodig is, maar aan sy siel skade ly? 

God is regverdig om sonde te straf

Skriflesing: Job 34:1-37
Teksvers: Job 34:10-12
HK: Sondag 4

Is God nie onregverdig deur van ons as mense te verwag om in liefde te leef as ons van nature geneig is om God en ons naaste te haat? As God dan ‘n God van liefde is, waarom wil Hy die sonde straf? Is my lewe reg voor God, en sal God my ook straf vir my sondes? 

Baie gelowiges worstel met hierdie lewensvrae, net soos Job. Hy was oortuig dat God hom onregverdig behandel en laat swaar kry sonder dat hy dit verdien… 

Ons staan vanaand stil by die dieptepunt van ons belydenis oor ons sondeskuld dat God regverdig is om ons sonde te straf. 

Die vrug van jou gedagtes

Skriflesing: Jer 6:1-30; Mat 5:17-20; Joh 14
Teksvers: Jer 6:16,19; Mat 5:20; Joh 14:6,15-17

Kruispaaie

Jou gedagtes bepaal meestal jou handelinge en jou keuses. Die vrug wat jy dra is deel van jou gedagte-wêreld. 

Daarom word jou lewe dikwels bepaal volgens wat jy glo, dink en dan doen. Want elke dag van jou lewe moet jy keuses maak. 

Daar is kruispaaie. Sommige paaie loop draaie en is nie reguit nie, ander paaie is reguit. So leer die Skrif ons ook dat daar ’n nou pad en ’n breë pad is. Die nou pad is die pad wat na die ewige lewe lei. Die breë pad lei na die verderf. 

Uit die droë stomp sal daar vrugte kom

Skriflesing: Jesaja 11:1-16
Teksvers: Jesaja 11:1

Die vyeboom word vervloek en verdroog omdat dit nie vrug dra nie. Tog is daar profeties uit die geskiedenis ook ‘n dieper betekenis aan ‘n droë stomp uit die geslag van Isai, waaruit daar ‘n loot sal groei wat vrugte dra. Wat beteken dit dat Israel ‘n droë stomp is? Watter loot is dit wat sal vrug dra? 

Ons staan vanoggend stil by hierdie profesie uit Jesaja oor die koms van die Verlosser, wat ook nuwe lewe in ons wek. 

« Older posts Newer posts »