Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 88 of 129)

Ons grootste skat is ons rykdom in God

Skriflesing: Lukas 12:13-21
Teksvers: Lukas 12:20-21
HK Sondag 42

Om te steel is so deel van ons alledaagse lewe dat ons al gewoond geraak het daaraan. Ons sien en hoor en ervaar hoe diefstal elke dag oor die nuus uitbasuin word. Nie net hoe die land se koffers kaal gestroop word deur korrupsie nie, maar ook die fisiese daad van roof. Ons huise het tronke geword om diewe en rowers uit te probeer hou.

Diefstal strek baie verder as net om iemand te beroof deur hulle besittings te neem. Soms kan ons steel sonder om iets te vat. Ons steel met die oë, ons steel met die mond. Ons steel tyd, ons steel eer, ons steel liefde en omgee. Ons kan immers die Here besteel deur die gawes wat Hy gee vir onsself te gebruik.

Ons staan vanaand stil by die tema: ons grootste skat is ons rykdom in God. Amen

Laai af

God het tyd vir jou!

Skriflesing: 2 Petr 3:1-18
Teksvers: 2 Petr 3:8,9

God het tyd geskape. God is verhewe bo tyd. God is ewig wat meer as tyd is maar ‘n modus is. God sal altyd dieselfde bly. Ons kan egter net in terme van tyd dink. Geboorte tot die dood. En tog is ons geskape met ‘n doel op ‘n dag en datum, maar ons sal leef vir ewig, nie op aarde nie, maar in die hemel. Daarom die kerngedagte, God het tyd vir jou! Ons kan in terme van die skepping en die lewe net in terme van tyd dink. In ons teksverse sien ons egter dat God anders oor tyd dink en tyd in ons terme anders gebruik. Daarom die kerngedagte:

God het tyd vir jou in Sy beloftes en daarom…

1 God se tyd is anders as ons tyd.

2 God se geduld is anders as ons geduld.

3 God se doel sal op sy tyd gebeur.

Laai af

« Older posts Newer posts »