Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 87 of 129)

Ons hoop is altyd op die toekoms gerig

Skriflesing: Lukas 9:51-62 
Teksvers: Lukas 9:62 

Die jaareinde het aangebreek en vir baie mense is dit ‘n groot verlig-ting. Die meeste mense sal sekerlik wil vergeet van 2020 wat die wêreld op sy kop gedraai het. Daarby lê daar nog ‘n geweldige groot onsekerheid voor ons. Wat sal tog in 2021 gebeur? Waarop sal ons hoop? Is daar vir ons ‘n toekoms? 

Niemand kan met sekerheid weet wat volgende jaar gaan gebeur nie. Dit beteken nie dat ons as gelowiges moed opgee en in sak en as gaan sit sonder enige hoop nie! Inteendeel, as van die dissipels met die Here praat oor hoe hulle Hom moet volg, dan sê Hy: Niemand wat ploeg en agtertoe kyk is geskik vir die koninkryk van God nie… 

Ons staan vanoggend stil by die tema: Ons hoop is altyd op die toekoms gerig. Amen 

Bring hulde aan die Koning

Skriflesing: Matteus 2:1-12 
Teksvers: Matteus 2:2 

‘n Stille wenk uit die sterrehemel lei wyse manne na Betlehem. Daar bring hulle vir die Koning, koninklike geskenke. Hulle geleerdheid en welstand maak hulle nie meerwaardig, as die seuntjie in die stal nie. Nederig buig hulle neer en bring aan Hom kosbare geskenke. Daar vind hulle rus vir hulle siele wat hulle geleerdheid nooit gebring het nie. Geen wonder ter wêreld kan die Wonder van God se genadegawe vervang nie. 

Die Wonder van die genade en liefde van God. Die Wonder dat die Seun van die mens na hierdie aarde kom. Hiermee was die wyse man-ne gelei deur God met ʼn ster, na die Skrifte, tot by die lewende Salig-maker. Voor hulle reis het hulle hulle verstom aan die hemelliggame. Na hulle reis is hulle verbaas en dankbaar dat die hemeldeur self oopgegaan het. 

Ons staan vanaand stil by die tema: Bring hulde aan die Koning. Amen 

Om te gee maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.

 Skriflesing: Hand 20:17-38 
Teksvers: Hand 20:35b 

Is dit nie tog so dat dit lekker is om ‘n geskenk te ontvang nie? Ons gee vir mekaar geskenke met verjaarsdae, met huweliksherdenkings, afskeidsgeskenke, welkom geskenke, kersfeesgeskenke en dikwels sommer net. Jesus Christus self het gesê dat dit beter is om te gee sê Paulus. Ons gaan kyk na wat Jesus hiermee bedoel. 

1 ‘n Oënskynlike teenstrydigheid. 

2 Om te gee is beter! 

3 Hoe het Paulus gegee 

4 Hoekom Paulus die boodskap aan die ouderlinge gee? 

5 God se voorbeeld van gee! 

6 Hoe ons moet gee! 

7 Wat gee ek? 

Rom 12:1,2 “…Gee julle aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” 

God is Waarheid en Satan is Leuen!

Skriflesing: Rom 1:18-32
Teksvers: Rom 1:18,25
HK Sondag 43

  • God is waarheid! Ps 31:6 “God van trou/waarheid.”
  • Jesus Christus is die waarheid. Joh 14:6 “Ek is die …waarheid..”
  • Die Heilige Gees is die waarheid. Joh 14:17 “Die Gees van die Waarheid”
  • Die Woord is die waarheid. Joh 17:17 “U woord is die waarheid.”

Satan is die leuen. Joh 8:44 “…En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.” Die negende gebod verbied daarom die leuen en dat ons leuens mag vertel. Satan het in die paradys reeds bevestig dat hy “die vader van die leuen is.” (Joh 8:44) (pseudo – leuen) In Jesus Christus moet ons altyd die waarheid (aletheia – waarheid) praat. (Ef 4:25).

 

Jesus is die ware mens dra die volle las van ons sondes

Skriflesing: Johannes 18:28-19:19
Teksvers: Johannes 19:5

Vir die afgelope paar maande het ons gesien hoe gewone mense se lewens verander word as God ingryp. Hulle was moeg en uitgeput, hulle omstandighede was sleg en hulle toekomsperspektief was sonder hoop. Deur die kragtige hand van God, het hierdie mense net soos ons, uitsonderlike dinge vermag.

Al was hulle in sak en as. Al was hulle magteloos en het gevoel of hulle lewe sonder betekenis is, wys die Here ons op die waarde van ons lewens en hoe kosbaar ons is in Sy oë.

Tog is daar een mens wat meer gedoen het as hulle almal saam. Een mens, wat die enige en ware mens is. Hy wat nie deur sy omstandighede bepaal hoe Hy optree nie, maar wat doelbewus Sy Eie heerlikheid prysgegee het en die volle las van ons sondes gedra het. Ons staan stil by die mens, Jesus Christus, die volle openbaring van God, die Woord wat vlees word. Amen

Laai af

« Older posts Newer posts »