Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 83 of 129)

’n Geslote Boek, ’n Geopende Boek, ’n Vertroostende Boek

Skriflesing: Open 5:1-14 
Teksvers: Open 5:5 

In Openbaring 4 lees ons van die “Wetgewende Gesag”. Johannes sien ’n deur in die hemel met God wat op die Troon sit. God die Wetgewer en Wetmaker sit in sy heerlikheid in die hemel.

In Openbaring 5 lees ons van die “Uitvoerende Gesag”. Die uitvoerende gesag moet die wetgewende gesag se woorde openbaar.

Dit kry Hy in die Boekrol wat met sewe seëls verseel is. Maar Johannes sien die boekrol in die regterhand van God en daar is niemand wat die boek kan oopmaak nie. Hy huil verbitterlik, want hy wil weet wat in die boek staan. Vir ons is dit van die grootste belang wat in die boek staan. Daarom gaan ons na drie sake kyk:

  • ’n Geslote Boek.
  • ’n Geopende Boek.
  • ’n Vertroostende Boek.

Jesus lê die Bybel uit!

(Last updated on April 19th, 2021)

Skriflesing: Luk 24:13-35
Teksvers: Luk 24:16,27,31 

Verlede Sondag het ons die Opstanding van Jesus Christus gevier. 

Nadat Jesus slegs drie dae, Vrydag, Saterdag en Sondag in die graf deurgebring het, het Hy opgestaan. Glo jy dit? Leef jy dit? Sien jy dit in jou lewe? Die Grootste Prediker van alle tye, Jesus Christus self, verkondig of verklaar die hele Bybel se kerngedeeltes en dit is die wat oor Hom profeteer in die grootste Boek die Bybel. Wat beteken die opstanding vir jou? 

  • Die grootste Prediker van alle tye. 
  • Die grootste tema van alle tye. 
  • Die grootste Boek van alle tye. 

Van totale verwerping tot aanneming!

Skriflesing: Psalm 27:10; Esegiël 16; Mat 27 
Teksvers: Matteus 27:47-49 

Al sou my vader en my moeder my verlaat… Dink hier sommer aan al die aborsies. Vroeër was dit sommer net weggooi-babas… Nou is dit al sg. “wettige aborsies”! 

Volgens die WGO is daar jaarliks 40-50 miljoen aborsies per jaar. Dit is 12500 per dag!!! Ouers wat hulle kinders weggooi, verwerp, verlaat! ‘n Onbegryplike gedagte. En tog gebeur dit elke dag! 

Dink ons dan aan ons hemelse Vader wat alle rede het om ons weg te gooi of te verwerp in die ewige vuur. Wat ‘n skreeuende werklikheid… byna te veel om te verwerk. 

Het God enige rede om ons aan te neem? 

Koue voete of warm harte?

Skriflesing: Lukas 24:13-35 
Teksvers: Lukas 24:25-27 

Onverstandiges, mense sonder begrip, met harte wat traag is om alles te glo wat oor Christus beloof is… Dit is ‘n geweldige aanklag, en baie ontaktvol van die Here. Hoe kon Jesus sulke liefdelose woorde sê vir mense wat deur soveel hartseer en trauma gegaan het…? Weet die Here dan nie hoe sleg die omstandighede is nie? 

Mense wat die Bybel ken, en wat belydende gelowiges is, moenie geëvangeliseer word nie. Jesus is nie hier besig op die sendingveld nie, Hy verkondig met mag die evangelie van genade en verlossing. Dit is hoogtyd dat die kerk van Christus sal ophou vrees vir koue voete, en hulle harte rig op die ewige Koning. Amen 

« Older posts Newer posts »