Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 80 of 129)

DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD

Skriflesing: Efesiërs 6:10-20; Jakobus 4:7
Teksvers: Efesiërs 6:10,11 

Die stryd tussen die Bose en die mens is egter ‘n ongelyke stryd: Satan is magtig en het duisende magtige engele wat vir hom werk. Die mens daarenteen is ‘n nietige mens wat nog teen die sondige natuur ook moet stry. Satan sou dus ‘n groot voorsprong op ons hê en maklik vatkans kry. 

God wat almagtig is, het egter in sy genade by ons kom staan deur Jesus Christus. En in sy genade gee Hy ons die volle wapenrusting… sodat ons beslis staande KAN bly tot die einde toe. 

Trek dit aan en bly op jou pos! 

Christus is die geheim van ons lewe

Skriflesing: Kolossense 1:21-29
Teksvers: Kolossense 1:26-28

Die geheim is uit! Die groot misterie is bekend gemaak. Niemand hoef ooit meer te wonder wie die Verlosser van die wêreld is nie, ook nie ek en jy nie! Want God het in sy groot liefde besluit om sy Seun aan die ganse wêreld te openbaar as die ewige Verlosser. Hy is die selfopenbaring van God se genade en oordeel. As jy hierdie geheim leer ken het, mag jy dit nie vir jouself hou nie! Jy moet al jou kragte inspan om dit uit te leef en te verkondig! Hoe doen ‘n mens dit: deur vermaning en wysheid en onderrig. Net soos hierdie kindjie vanmore voor die Here gestel word, so moet elke mens voor God gestel word. Amen 

Missio Dei

Skriflesing: Openbaring 1:1-3 
Teksvers: Openbaring 1:1-2 

Ons word soms so maklik mislei deur opskrifte wat nie in die Bybel staan nie. Dink bv. aan die Bybelboek Openbaring wat algemeen bekend staan as die Openbaring van Johannes. Tog staan daar iets heeltemal anders in die eerste verse: die Openbaring van Jesus Christus… 

Ons wil vir die volgende paar weke fokus op die Sendingsopdrag soos dit deur die Skrif aan die lig kom met betrekking tot ons taak as kerk om sending te doen en bo dit alles, die ware Sendeling, God self. God stuur Jesus Christus om te openbaar wat gou gaan gebeur, deur die sending van die engel, wat aan Johannes te kenne gee, wat aan sy diensknegte bekend maak. 

Dit is die Sending van God, die Missio Dei. Amen 

« Older posts Newer posts »