Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 79 of 129)

DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD(2)

Skriflesing: Efesiërs 6:10-20
Teksvers: Efesiërs 6:14‑17 

Verlede week het ons gehoor dat ons behalwe ons twee bekende aartsvyande (die wêreld met al sy versoekings en ons eie sondige vlees/geaardheid) ook goed rekening moet hou met die vyand van buite. 

Ons weet van hom, maar slaan dikwels nie genoegsaam ag op sy listige metodes nie. Efesiërs 6 noem sy aanslae “metodias” wat vertaal kan word met “skelm stoeigrepe” (vuilspel). Die duiwel speel maklik vuil in die geveg wat hy met ons het. 

In sy genade skenk die Here God ons die nodige wapenrusting: Die wapenrusting moet net nie in die kas bly lê nie – trek dit aan! Sommer vandag nog!! 

Ds Maarten van Helden

Indikatief, Imperatief, Belofte!

Skriflesing: Matteus 28:1-20
Teksvers: Matteus 28:18-20 

Jesus Christus versamel Sy Eie kerk, die ware kerk. Hy is die Hoof, die prototipe, die Eerste. Maar Hy is ook die Koning. Hy regeer Sy kerk. Dit is nie ‘n demokrasie waar mense self aansluit en dan besluit hoe die Koning aanbid moet word en waarvan hulle hou of nie…! Jy betaal ook nie ledegelde deur jou ramings of bydraes nie…. 

Die kerk is hulle wat gewillig onder die Koninklike heerskappy van die Koning Sy opdragte getrou uitvoer… Ons staan vanmôre stil by die Sendingsopdrag, die bekendste opdrag wat die kerk nie nakom nie. 

Ons kyk na die: 

Indikatief – die stelling – Christus is Koning, aan Hom behoort ALLE mag. 

Imperatief – die opdrag – Maak dissipels – van ALLE nasies. 

– Dopende en Lerende hulle om ALLES te onderhou wat ek beveel. 

Belofte – die versekering – Want Hy is met ons AL die dae tot in die voleinding. Amen 

Ds Lourens Venter 

« Older posts Newer posts »