Kategorie: Nuwe Testament (Page 77 of 129)
Skriflesing: Galasiërs 5:1-26
Teksvers: Galasiërs 5:5-6
HK Sondag 7 V&A 21
Geloof en Hoop en Liefde wek vreugde. Dit is die evangeliese boodskap. Vanaand staan ons stil by die eerste brief wat Paulus geskryf het, aan die Galasiërs, om te sien hoe hierdie drie terme gebruik word. Die Galasiër brief, is dan ook by uitstek ‘n brief wat gaan oor geloof. Die hele pleidooi van Paulus wys op die teenstelling tussen die werke van die wet en die geloof.
In Hoofstuk is daar ‘n pragtige samevatting waarin al drie hierdie terme saamgevat word nl. Dat ons deur die Heilige Gees uit die geloof wag op die vryspraak (geregtigheid). Want die krag van Jesus Christus is nie in menslike dinge soos die besnydenis nie, maar in die geloof, wat werk (energeo) deur die liefde. Amen
Skriflesing: Op 22:6-21
Teksvers: Open 22:16
“Ek is die helder Môrester!”
As die sonsopkoms, moet ons reg en klaar wees vir die dag se werk. Die meeste van ons staan vroeg op as dit nog donker is, bad, trek aan, eet en berei ons voor vir die dag se werk.
Want as jy laat slaap…
- hardloop jy angstig deur die dag om alles klaar te kry, as jy vroeg opstaan,
- kan jy rustig jou dagtake afhandel.
Om ons te waarsku dat die dag al naby is, is daar ’n helder môrester, Venus, wat helder brand en die naderende dag aandui.
In hierdie laaste gedagte-eenheid van Openbaring, handel dit oor die Christen se gereedheid vir die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Daarom gaan ons na drie sake kyk, hoe om ons voor te berei. Ons moet …
- God se Woord gehoorsaam. Op 22:6-11,18-19
- ons lewens rein hou. Op 22:15,16
- voortdurend bid en Jesus Christus se wederkoms verwag. Op 17,20,21
Skriflesing: Jakobus 1:1-17
Teksvers: Jakobus 1:2-4
In aansluiting by die oproep van Petrus skryf ook Jakobus aan gelowiges wat in moeilik omstandighede verkeer, en selfs uitgebuit word. In hierdie boek word die klem op geloof en geloofsoptrede geplaas. Ook hier beskryf die apostel en broer van ons Here dat swaarkry vir ons goed is, en dat dit blydskap moet opwek! Daar moet as te ware uitbundige vreugde wees as ons beproef word.
Ons staan vanaand stil by die tema: swaar kry kweek volharding van die geloof vir die wat God liefhet. Amen