Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 76 of 129)

Deur volharding in geloof word ons die koninkryk van God waardig geag

Skriflesing: 2 Tessalonisense 1:1- 2:17
Teksvers: 2 Tessalonisense 1: 3-5

Elke dag beleef ons uitdagings om nie moedeloos te word en handdoek in te gooi nie. Ons voel so magteloos teen al die reëls en regulasies en natuurlik die onsekerheid van die siekte. Baie mense is emosioneel uitgeput en gespanne. Niemand weet wat more inhou nie. Dit was eintlik nog altyd so. Nie op dieselfde manier nie, want daar was voorspelbare planne. Ons lewens was vooruit geskeduleer in ons dagboek.

Dit is juis wat geloof so kosbaar maak. Dat ons kan vashou aan die sekerheid van God se Woord, al val die wêreld rondom ons inmekaar. So het die gemeente in Tessalonika ook volhard in die geloof ten spyte van die teenstand en vervolging wat hulle ervaar het, en selfs vererger het.

Deur volharding in die geloof word ons geslyp en getoets sodat ons die koninkryk van God waardig mag wees. Amen

Slegs Jesus Christus kan red

Skriflesing: Matteus 7:1-29
Teksvers: Matteus 7:21-23
HK Sondag 11

Jesus Christus is die Enigste Verlosser. Maar nie elkeen wat vir die Here Jesus “Here” sê sal ingaan in die koninkryk van God nie.

Hierdie woorde is hard en voel koud. Nie alle mense sal gered word nie. Dit is natuurlik totaal in teenstelling met hoe Jesus se verlossing vandag voorgestel word. Ons hoor baie hoe goedkoop hierdie verlossing gemaak word deur mense wat beweer dat Jesus vir almal gesterf het. Of die uitdrukking: Jesus is lief vir almal.

Ons staan vanaand stil by ons belydenis rakende Jesus Christus as Enige en Ware Verlosser. Amen

Noag se ark is simbolies van die doop van God se genade

Skriflesing: 1 Petr 3:13-22
Teksvers: 1 Petr 3:20

Die simboliese betekenis van die ark wat Noag gebou het, is baie meer as net ‘n blote boot waarop diere en agt mense gered is van ‘n watermassa. Dit is ook ‘n teken van die doop. Die formuliergebed by die doop lui as volg: “U het volgens u streng oordeel die ongelowige en onboetvaardige wêreld met die sondvloed gestraf en die gelowige Noag met sy gesin – agt mense – deur u groot barmhartigheid gered en bewaar;…waardeur die doop afgebeeld is.”

Noag se ark was ….

  • ‘n gehoorsaamheidsdaad 1 Petr 3:20
  • ‘n waarskuwingsdaad 1 Petr 3:20
  • ‘n reddingsdaad 1 Petr 3:20

In Christus word ons geloofswerke sigbaar in die liefdesywer deur volharding in die hoop

Skriflesing: 1 Tessalonisense 1:1-10 Handelinge 17:1-14
Teksvers: 1 Tessalonisense 1:3

Kort nadat Paulus en Barnabas terug gekeer het van Jerusalem oor die vraagstuk van die besnydenis by die heidene, besluit hulle om op ‘n tweede sendingreis te gaan en die nuwe gelowiges te ondersteun. Silas gaan saam met Paulus en hulle besoek weer die gemeentes in Listre, Ikonium en Derbe waar hulle Timoteus vind en saam neem.

Deur die Heilige Gees word hulle gewys om na Europa te gaan. In Filippi word die eerste gemeente in Europa gestig, waarna hulle verder reis tot in Thessalonika. Na drie weke moet hulle inderhaas vlug, en kort daarna skryf Paulus hierdie brief waarin die drie sake sommer uit die staanspoor genoem word oor die

  • werk van hulle geloof
  • inspanning van hulle liefde
  • volharding van hulle hoop in Christus

Bekeer julle en GLO die EVANGELIE!

Skriflesing: Mark 1:1-15
Teksvers: Mark 1:15
HK Sondag 7 vr. & antw. 22

Jesus preek bekering en geloof.

Jesus se preek het gehandel oor:

  • Die Evangelie van God.
  • Die Evangelie van die Koninkryk.
  • Die Evangelie van Jesus Christus.

Die Apostel Paulus noem dit:

  • Die Evangelie van die Genade van God. Hand 20:24; Ef 2:8,9

Daar is net een Evangelie. (Gal 1:1-9)

  • Hierdie is die Evangelie van wat Jesus Christus aan die kruis vir ons gedoen het. (1 Kor 15:1-11)
  • Maar die feit dat die Evangelie naby gekom het, vra BEKERING. Hand 20:21
« Older posts Newer posts »