Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 297 of 328)

Die pot is aan die kook

Skriflesing: Esegiël 11
Teksvers: Esegiël 11:16

Die Here praat in hierdie gedeelte deur Esegiël met die vals en misleidende leiers van Israel. Hierdie manne sê dat dit nie nou tyd is om huise te bou nie. Die stad is die pot en die Israeliete is die vleis. Daarteenoor sê die Here deur sy Gees dat Hy hulle gedag-tes ken. Dit is die misleidende leiers wat die mense in Jerusalem vermoor het. Die Here se daarom dat die vleis in die pot die mense in die stad is wat die misleidende leiers doodgemaak het.
Ja, die stad is soos ‘n doodspot, maar die Here sal hulle uit die doodspot red. Die getroue Verbondshere het aan Israel gesê dat hulle in ballingskap weggevoer gaan word as gevolg van hulle sonde. Dit gaan inhou dat hulle vir die duur van die ballingskap net die Here self by hulle sal hê as hulle heiligdom en hulle toevlugs-oord. So leer die Here vir Israel dat Hy alomteenwoordig is en nie vasgevat kan word in ‘n gebou nie. Hulle vertroue kan nie op iets gerig wees nie, maar net op die Here wat oral en altyd vir hulle ‘n werklikheid sal wees.

Laai af

Skeur liewer julle harte!

Skriflesing: Markus 14:43-65 Joël 2:12,13,14; Heb 9:1-15
Teksvers: Markus 14:63, (Mt 26:65)

Laat ek Hom aan julle voorstel: Jesus Christus, jou Verlosser en Here. Ook genoem die Lydende Kneg van die Here, die Man van Smarte. En kyk wat het Hy nie alles verdra en verduur nie! So baie wil nie met so ‘n tragiese figuur geïdentifiseer word nie. Soos Kajafas! Hy verag vir Jesus. Hy skeur sy klere! In die proses mis Hy nie alleen so baie nie, maar maak Hy die smarte van die Man voor hom ook net groter.
Is jou en my geloof nie ook soms net ‘n klugspel soos wat hier voor ons afspeel nie. Dit is tyd dat ons ons harte laat aanraak. Jesus het dit ook vir my en jou gedoen!

Laai af

« Older posts Newer posts »