Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 296 of 344)

Uitverkiesing en menslike verantwoordelikheid

Skriflesing: Matteus 22:1-14; Openbaring 3:1-6 en 19:5-9
Teksvers: Matteus 22:1-14 (14)
DL 2 art 5-7 (en 8-9)

Uit die belydenis van Dordrecht het ons laaskeer weer gehoor dat God getrou, genadig, goed, lankmoedig, barmhar-tig en regverdig is (DL 2.1-4). Dit is juis weens sy goedertie-renheid (goedheid en trou) dat Hy Christus geskenk het as eenmalige en voldoende offer vir al ons sondes!

Die vraag bly egter by ons: Maar as alles genade is, het ons as mense dan nie ook ‘n verantwoordelikheid nie? En dit is waaroor dit in DL 2.5-7en verder gaan. Die mens se taak is nie deur die genade uitgesluit nie, maar juis daarin ingesluit:

Tog kom dit baie sterk in die teksgedeelte na vore en gee ons nou reeds gedeeltelik aandag aan ons taak in heiligmaking – die aantrek van ons bruidsklere.

Laai af

Vind vreugde in jou eie en ander gelowiges se unieke en eiesoortige diens aan die Here

Skriflesing: Lukas 10:38-42 Johannes 12:1-7 (Lees ook Johannes 11)
Teksvers: Joh 12:2 en 3

Elkeen van ons het ‘n unieke en eiesoortige gawe van die Heilige Gees ontvang om die Here te dien. In hierdie gedeelte lig die Here die gawes van twee vroue uit, nl Marta en Maria, Lasarus se susters. Die een dien die Here deur te doen en die ander deur te luister.

In ons gemeente het die Here ook ‘n verskeidenheid van gawes gegee om saam die Here te kan dien en te loof. Hoeveel vreugde vind jy nog daarin om die Here te kan dien? Dit mag wees dat jy jou vreugde om die Here te kan dien, verloor het. Dit kan wees dat medegelowiges of omstandighede jou fokus en perspektief van die Here wil probeer wegtrek.

Mag jy die beste deel kies wat nooit van jou weggeneem sal word nie. Mag jy geestelike vervulling en vreugde vind in jou diens aan die Here.

Laai af

DIS WEER VERKIESINGSTYD

Die vraag kan gestel word of Christen-gelowiges aan ‘n staatkundige bestel se verkiesings behoort deel te neem en daaraan mee te doen, terwyl daardie bestel se waardes en norme direk indruis teen die Christelike norme en belydenis. Wat se eer is daar vir God deur Christe-ne se deelname aan of instemming met ‘n humanistiese (mensgerigte) bestel? Oorwegings van bloot sekulêre en politieke aard geniet blykbaar voorkeur. ‘n Pragmatiese benadering vir die bevordering van belange word nagestreef deur deelname aan die verkiesing. Dit hoort egter nie so nie. Jesaja 65 : 12 sê iets van so ‘n situasie: “Julle het gedoen wat verkeerd is in my oë, julle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.“

Die Woord van God is baie duidelik omtrent die beginsels wat vir ons daaglikse lewe en ons menslike aktiwiteite behoort te geld. “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” (1 Kor 10 : 31). As dit dan in die gewone dinge so belangrik is, hoeveel te meer in belangriker sake, soos byvoorbeeld verkiesings? Dit is die vraag wat elke opregte Christen-gelowige ten opsigte hiervan moet beantwoord.

Natuurlik kan ons leef en werk in enige vorm van staatkundige bestel, ook in die huidige. Maar kan ons as Christene ‘n humanistiese bestel ondersteun, propageer, bevorder en daarin opgaan? Nee, dit mag nie! Dit is in sekere sin vyandskap teen God en sy koninkryk, al is dit op ‘n indirekte wyse. Dan moet ons maar liewers die gevolge dra, soos wat dit tans op elke lewensterrein sigbaar is en daagliks aan die lyf gevoel of ervaar word. So verklaar Hosea 5 : 11 dan ook: “Efraim is verdruk, verbreek deur die oordeel; want dit het hom behaag om na die gebod van mense te wandel” (Sien ook: Ps 146 : 3; Jer 17 : 5; Jes 2 : 22).

Die euwels (bv aborsie ens) van die huidige bestel word egter gewettig en as goed en reg verklaar op grond van daardie einste Grondwet waarvoor talle Christen-gelowiges in April 1994 gestem het. Toe was daar geen beswaar of teenkanting vanuit die kerklike gemeenskap of van die geestelike leiers teen die liberaal-humanistiese waardestelsel wat deur middel van die nuwe Grondwet gevestig sou word nie – inteendeel!

Nou is die tyd ryp vir deeglike besinning. Duidelike en sterk standpuntstelling is dringend noodsaaklik vir elke Christen-gelowige in ons land. Dan kan daar begin word om die sogenaamde “morele krisis” aan te spreek. ‘n Verknogtheid aan ‘n politieke party en sy beleid is hier onvanpas want dit belemmer ‘n onbevange besinning en verhinder ‘n suiwere beginsel-standpunt en -formulering.

Kom, laat ons dan in die geloof en getrou aan Gods Woord, vreesloos die regte pad loop. Die tyd is min, die verantwoordelikheid is groot en die gevolge is ernstig.

Marius Coetzer (Kerkpad)

Besluite het verreikende gevolge

Skriflesing: 1 Konings 12
Teksverse: 1 Konings 12: 15 en 22-24

‘n Mens neem so maklik besluite sonder om werklik na te dink of te bid oor die wil van die Here. Sommige besluite het goeie en ander slegte nagevolge. In hierdie gedeelte hoor ons die verskil tussen die besluite van mense en die besluite van die Here met die gepaardgaande gevolge van die besluite wat geneem is.
Bo alles staan die ewige besluite van die Here vas en seker. Hy beskik en bepaal ons lewe. Hy sal deur sy besluite heen die gelowige lei om in en deur Hom te lewe of aan ons die geleentheid gee omtot inkeer en bekering te kom.
Ons land staan op die vooraand van ‘n verkiesing. Sogenaamde demokratiese besluite word geneem en ons sal met die gevolge van hierdie besluite vorentoe leef. Mag jy ook biddend voor die Here staan oor ander mense se besluite wat ‘n impak op die Here se eer en die mense se vreedsame bestaan tot God se eer sal hê.

Laai af

Die Emmausgangers – Jesus het waarlik opgestaan

Skriflesing: Luk 24:1-35
Teksverse: Luk 24:30-34
Heid Kat Sondag 17 Vr en Antw 45

Vr. Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?
Antw.
Ten Eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin, Sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak.
Ten Tweede word ons nou deur sy krag tot ’n nuwe lewe opgewek.
Ten Derde is die opstanding van Jesus vir ons ’n betroubare waarborg van ons salige opstanding.

Laai af

« Older posts Newer posts »