Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 296 of 328)

Die gees laat ons na die Bruidegom roep

Skriflesing: Openbaring 22:6‑21
Teksvers: Openbaring 22:17

Laaste boodskap van die boek kom in die vorm van ‘n opwekkingsdialoog tussen Bruid en Bruidegom!

Die vraag is of ons die stem van die komende Bruidegom hoor. Verwag ons nog daagliks sy koms met gespanne afwagting, soos ʼn bruid wag vir die groot dag van haar troue?

Wat is ons reaksie? Die groot dag mag immers nader wees as wat ons dink!

Laai af

Wie is Jesus vandag vir jou?

Skriflesing: Openbaring 1; Daniël 7
Teksvers: Openbaring 1:12‑20

Waarskynlik sit meeste gelowiges met ‘n onvolledige beeld van Jesus Christus as die lydende Kneg van die Here.

Die meer volledige beeld is as jy Hom ook sien in sy verheerlikte staat… aan die regterhand van die troon van
God! Hy heers! Hy beheer die geskiedenis.

Op Hom vertrou ons in tye van nood en rampe en vervolging.

Laai af

 

Jesus beloon sy toegewyde diensknegte met sy wederkoms

Skriflesing: Matteus 25:14-30
Teksvers: Matteus 25:14-30

… “Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal
oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die
bietjie wat hy het, weggevat word.”
Mat 25:29

Hoofpunte:

Wat elke dienskneg ontvang het.
Wat elke dienskneg daarmee gemaak het.
Die resultaat van die diensknegte se toewyding.

Laai af

Het ons nog tyd vir die Here?

Skriflesing: Openbaring 1:7‐20
Teksvers: Openbaring 1:10,12.13a

Deesdae is dit meer so: “Sunday is funday”. Vir baie van ons is dit braai-dag. En ons kán braai! En tog is die vraag: Wat wil God met die weeklikse ritme van, een dag per week is “die dag van die Here”, in ons lewe bereik?
Kyk wat op die Sondag daar op Patmos met die apostel Johannes gebeur. Hy hou by die gewoonte om op “die dag van die Here” (Sondag!) homself af te sonder vir die diens en aanbidding van die Here… en dan vind daar ‘n heerlike ontmoeting plaas.
Het ons nog tyd op Sondag om die nabyheid van die Here te soek? Kom jy ook na die gereelde eredienste met die verwagting dat daar so ‘n ontmoeting sal plaasvind? Het jy nog tyd vir die Here?

Laai af

Daar is ‘n liefde wat God haat

Skriflesing: 1 Joh 2:12-17
Teksvers: 1 Joh 2:15-17

Een van die uitdagings in gelowiges se lewens is om hulle natuurlike geneigdheid om die wêreld met al sy sogenaamde aantreklikhede teen te staan. Die duiwel gebruik die wêreldse goed om die kinders van die Here afvallig te probeer maak. Diegene wat die wêreld liefhet, moet weet dat dié liefde nie van die Vader kom nie.
Die wêreld bied allerhande liggaamlike begeertes. Dit is begeertes wat ‘n mens met sy oë kan sien. Dit is verder begeertes na allerhande besittings. Enige materiële verknogtheid kom nie van die Here af nie. Dit is bloot wêreldse goed.
Die wêreld met al sy begeerlikhede sal verby gaan, maar elkeen wat die wil van God doen, sal tot in ewigheid lewe.

Laai af

Hoeveel mense gaan hemel toe?

Skriflesing: Luk 13:22-30
Teksvers: Luk 13:23

Luk 13:23

“Toe vra iemand Hom: “Here, is die wat gered word, maar min?”

Hierdie is ’n vraag wat in die harte van mense leef. Hoeveel mense gaan daar in die hemel wees? Gaan daar duisende miljoene wees? Kan ek seker maak dat ek hemel toe gaan? Hoe gaan dit in die hemel wees en hoe gaan dit in die hel wees? Is dit nodig dat ek bekommerd moet wees of ek hemel toe gaan?

  1. Hoeveel mense gaan hemel toe?
  2. Wat is die pad hemel toe?
  3. Hoe sorg jy dat jy hemel toe gaan?

Laai af

« Older posts Newer posts »