Skrywer: admin (Page 294 of 328)
Skriflesing: Matt 28 Hand 1:8
Teksvers: Matt 28:1–20
Die Groot Opdrag is volgens hierdie teks op ‘n berg in die gebied van Galilea aan die dissipels gegee. Daarna moes hulle dan weer terug na Jerusalem gegaan het, vanwaar Jesus van die Olyfberg af opgevaar het na die hemel.
Voor Hy egter opvaar na sy Vader, kry ons hierdie opdrag om in te skakel by sy groot missie in die wêreld. God is oppad met sy Seun en sy Gees en besig om sy kinders bymekaar te maak. Hy maak ons deel van hierdie grootse missie. Hy doen dit met sterk versekeringe en beloftes!
Ons hoef net gehoor te gee en te doen, en so mag ons deel wees van die Groot Sending.
Skriflesing: Luk 17:1-10
Heid Kat son 7 vr 21
NGB art 24
Teksvers: Luk 17:6
Die dissipels het gevra: “Gee ons meer geloof?” Het jy ‘n ware geloof en watter rol speel jou geloof in jou lewe? Geloof is die kosbaarste geskenk van God aan sy kinders. Want dit is deur die geloof dat ons moet lewe. Dit is die opregte lewe, die ware lewe in die geloof.
Dikwels wil ons ook ons geloof meet aan die van ander gelowiges. Ons is partykeer bekommerd oor ons geloof of dit opreg is of nie.
Ons gaan na drie sake kyk:
- Wat ‘n ware geloof is!
- Waarom ‘n ware geloof moet groei!
- Wat die gevolge van ‘n ware geloof is!
31 Oktober 1517. Maarten Luther slaan sy 95 stellings teen die valse leringe van die Roomse kerk teen die kerkdeur van Wittenberg vas. Dit is die amptelike begin van die Hervorming. “Hervorm” is om weer terug te keer na die oorspronklike vorm. Die kerk is deur die Rooms Katolieke vervorm tot dit wat nie suiwer kerk is nie. In die plek van Jesus Christus kom die Pous as die hoof van die kerk. In die plek van die suiwer evan- gelie word die evangelie vervals om geld te maak dmv aflaatbriewe vgl. 2 Kor 2:17.
Luther verkondig dat saligheid verkry word uit genade alleen deur die geloof in Jesus Christus se verlossingswerk, Rom 1:17. Kerklik en teologies word die gesag van die Bybel weer bo alle twyfel gestel. Onomkeerbaar is die kerk weer deur God se genade op die pad van die Woord en die suiwer evangelie geplaas.
Daar sal altyd aanslae teen die kerk van die Here wees. Hierdie aanslae kom deur Satan wat hom voordoen as ’n engel van die lig, (2 Kor 11:14). Satan is daarop uit om die kerk van die Here te vernietig deur God se kinders met valse leringe en dwaallerin- ge van God af weg te lei. So gebruik Satan die evangelie en verdraai dit sodat dit soms baie moeilik is om te onderskei tussen die suiwer en die valse evangelie.
Daarom het God dit beskik dat daar in 1618-1619 die Sinode van Dordrecht gehou is juis om van die dwaalleringe uit te wys en weereens die kerk op die regte pad te plaas. Die hoofsaak van die Dordtse Sinode het gehandel oor drie sake, die vertaling van die Bybel in Nederlands, nl. die Statevertaling. Die Kerkorde is daar grootliks vasgestel en die Dordtse Leerreëls wat handel oor die uitverkiesing vind hier sy ontstaan. Dit is gerig teen die Remonstrante, wat geloën het dat God sekere mense uitverkies het om salig te word en gesê het dat dit van die mens self afhang of hy salig gaan word of nie. Die Dordtse Leerreëls is die derde besondere belydenisskrif wat deur die Gerefor- meerde Kerke bely word.
So sal God sy kerk bewaar, vandag en ook in die eeue wat kom tot met die weder- koms. Vanweë Satan se aanslae sal daar altyd stryd in die kerk wees. Maar die oor- winning sal altyd daar wees vir die opregtes wat aan die suiwer Woord en dus aan Jesus Christus alleen vashou.
Ds. Gerrit







































































































