Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 293 of 328)

Brose kleipotte word deur God gebruik om sy lig te laat skyn!

Skriflesing: 2 Kor 4:1-15
Teksvers: 2 Kor 4:6,7

Ons lewens word gekenmerk deur baie fisiese en geestelike uitdagings. Paulus vergelyk ons met kleipotte wat maklik breek. Ons liggame is broos en ons is onderworpe aan baie skielike aanslae wat worstelinge by ons veroorsaak. Ons word getref deur geestelike en fisiese siektes en gebreke. ‘n Motorongeluk kan jou hele wêreld skielik verander. Daar is geestelike siektes, depressie, angsaanvalle, daar is fisiese siektes, ‘n aartjie wat bars, ‘n virus wat jou aanval, ‘n knievervanging, ‘n heupver- vanging, ‘n rugoperasie. Dit gebeur nie net met ouer mense nie, maar dit gebeur ook met kinders. ‘n Blindederm wat bars, ‘n motorongeluk veran- der jou wêreld in ‘n oogwink.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Ons is brose kleipotte deur God gemaak.
  • Ons is bruikbare kleipotte wat vol krake is.
  • Ons is kleipotte waaruit die lig moet skyn.

Laai af

Die Sinode van Dordrecht

Die Sinode van Dordrecht was ‘n internasionale Sinode wat in aanvang geneem het op 13 November 1618 en 154 sittings later geëindig het op 9 Mei 1619. Die Nederlandse Gereformeerde kerk het die Sinode byeengeroep in opdrag van die State-Generaal. Die doel van die sinode was om ‘n einde te maak aan die godsdienstige kontroversie tussen die Remonstrante (Ariminiane) en die Kontra-Remonstrante (Gormarus se aanhangers). Die poli- tieke-situasies, oorlog-situasie, dwaalleringe, kontra-reformasie, arminia- nisme, alles het ‘n rol gespeel wat aanleiding tot die sinode gegee het.

Na die dood van Jacobus Arminius het sy volgelinge besware gehad teen die NGB en die leer van Johannes Calvyn, en Theodore Beza.

Hierdie besware is uiteengesit in die dokument, “de Remonstratie van 1610”. Daarom word Arminius se volgelinge die Remonstrante genoem. Hulle hoof- dwaalleer is dat die uitverkiesing plaasvind op grond van God se vooruitsien hoe iemand se geloof sal wees en daarvolgens sal God jou uitverkies. Die teenstander van Arminius was Franciscus Gomarus, hoogleraar in teologie aan die universiteit van Leiden. Hulle word die Gomariste genoem. Op die Sinode het hulle Latyn gepraat. Die Gereformeerdes, Kontraremonstrante verwerp die vrye wil van die mens en vervat hulle siening in die Dordtse Leer- reëls. Hul standpunt word in vyf punte, (Vyf punte van die Calvinisme) behan- del en uitgeengesit. Die bekende vyf punte van die Calvinisme is; die totale verdorwenheid van die mens, die onvoorwaardelike uitverkiesing, die beperkte versoening, onweerstaanbare genade en die volharding van die gelowiges. Hiermee het die derde Belydenis van Eenheid ontstaan nl. Die Dordtse Leerre- ëls. Drie belangrike nalatenskappe van die Sinode van Dordt is die Dordtse Leerreëls, die Dordtse Kerkorde en die Statevertaling van die Bybel.

Ds Gerrit

God se kerk sal altyd triomferende kerk wees tot in die hemel

Skriflesing: 2 Kor 2:12-17; Rom 8:31-39
Teksvers: 2 Kor 2:14; Rom 8:37-39

Dit lyk of Paulus se lewe uitmekaarval. Hy werk hard om die evangelie uit te dra. Die deure is deur God wyd oopgemaak sodat Hy die evangelie kon bring, maar hy is bekommerd oor sy “geesteskind” Titus. Waar is Titus? Wat het van Titus geword? En hy vertrek om Titus te gaan soek in Masedonië.

In 2 Kor 7:5-7,13,14 lees ons het hy Titus gekry en hoe sy dankbaarheid oorgeloop het, God bewaar sy kerk. Al is ons hoe be- kommerd, God bewaar sy kerk en laat die evangelie ook soos ’n aangename geur versprei, ondanks swaarkry en lyding.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • God open deure om die suiwer-evangelie te verkondig.
  • God gebruik geroepenes om die suiwer-evangelie te verkondig.
  • God gee die oorwinning deur die suiwer-evangelie te verkondig.

Laai af

Die tuin van die Here!

Skriflesing: Hooglied 4
Teksvers: Hooglied 4:12

Die boek Hooglied bied aan ons ‘n stuk aangrypende poësie oor die verhouding van man en vrou. Die skrywer speel die hofmaakspel alte pragtig en daarby sien ons die reaksie van die bruid op die liefdespassies van die bruidegom.

Vanweë die intimiteit wat hier ter sprake is lyk dit of die paartjie getroud is. Uit ander tekste lyk dit egter eerder soos die verlief- de of verloofde paartjie wat hulleself intens in gees en gedagtes en in gesprek (dialoog) voorberei op die huwelik wat kom. Onder andere is daar die waarskuwings dat huweliksintimiteit nie voortyds misbruik mag word nie (herhaalvers 2:7 e.a).

Nietemin is die huwelik, en daarom ook hierdie huweliks-lied (gedig), ‘n duidelike afbeelding van die kerk van Christus as sy bruid. Hy besing en beskryf haar met allerlei beelde…

Vandag kyk ons veral na die kerk as sy tuin.

Laai af

Pyn in die lewe

Orals in die lewe is daar vandag pyn. Geestelike en fisiese pyn. As ons sensitief is in ons liefde vir mense, dan hoor ons dat mense swaarkry. Maar almal van ons het ook maar elkeen ons eie innerlike swaarkry en pyn. As jy pyn ervaar, moet jy egter biddend probeer uitkom by die oorsaak. Wat is die oorsaak van die pyn? As dit ’n fisiese pyn is, gaan ons dokter toe en op die manier kom ons agter wat die oorsaak is en dan kry jy medisyne of ’n operasie of welke behandeling. Soms is dit egter van so ’n aard dat jy net moet leer om daarmee saam te leef so goed as wat jy kan. Veral as die ouderdom begin intree, is daar dikwels onomkeerbare pyn en lyding vanweë die veroudering. Maar die grootste probleem is dikwels geestelik, sielkundig agv van ’n onvermoë, nie goeie menseverhoudings nie of in die meeste gevalle dan wat kulmineer in spanning “stress” en depressie en ander geestelike, emosio- nele toestande, wat ook psigosomaties reaksies tot gevolg kan hê.

As daar pyn is moet ons spesiaal, doelgerig daadwerklike hulp gaan soek, wat is die oorsaak van die pyn?

  • Eensaamheid is dikwels ’n pyngevoel wat jy beleef vanweë mense-verhoudings wat nie gemak- lik is nie, of alleenheid of ʼn geliefde wat gesterf het.
  • Skuldgevoelens is ’n pynlike emosie wat jy heel waarskynlik beleef omdat jy iets verkeerd gedoen het.
  • Depressie is een van die moeilikste siektes om te diagnoseer, te beleef en te behandel.

Ons leef in ’n sondegebroke wêreld waarin mense dikwels baie seer het vanweë baie verskillende oorsake. Daarom het ons genesing nodig. Innerlike genesing kan ons egter verkry, al gaan dit selfs met worsteling gepaard, as ons ons opreg eerlik tot die Here rig.

By God is daar genesing en uitkoms. Ons moet leer om reg te dink, te leef saam met mense. Ons lewe moet gerig wees op die Woord as rigsnoer, met God as ons Vader en Jesus Christus as ons Verlosser. Ons moet weet dat die Heilige Gees ons Trooster is wat aan ons gegee is. Daarom moet ons biddend genesing soek by God. Met al ons pyn en hartseer en swaarkry moet ons ons na God wend. Dit moet ons doen deur die Woord te lees.

  • Ps_119:105 “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.”
  • 1 Tes_5:17 “Bid gedurig.”
  • Gal_6:2 “Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”

    Mat 11:28-30

    “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

Ds Gerrit

« Older posts Newer posts »