Skrywer: admin (Page 193 of 328)
Skriflesing: Openbaring 5:1-14
Teksvers: Openbaring 5:5,6
“Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak”.
Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ‘n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is.”
Skriflesing: 1 Johannes 5; Joh 16:33; Op 12:10-11 en Op 21:5-8
Teksvers: 1 Johannes 5:4
Onthou u ons jaartema? Meer as oorwinnaars…! Onthou u die sg. Griekse godin van oorwinning: Nike of Nika? Daardie Griekse woordjie van ons tema? In die twee verse van vandag staan hierdie woordjie vier keer geskrywe. Johannes, die apostel van die liefde, is die een skrywer wat die meeste konsentreer op die konflik van die geloof versus die wêreld, en die een wat hierdie Griekse woordjie (nika: oorwin, victory) die meeste gebruik.
Liefde vra immers vir oorgawe en toewyding, en dit vra vir keuses en veroorsaak noodwendig konflik.
Hoe kan ek en jy ook die wêreld oorwin?
Om eensaam te wees is nie lekker nie. My pa het altyd gesê: “Elke mens wil geken wees in die lewe!”
Dit is so belangrik dat ons in die gemeente dit nooit sal vergeet nie, want ons is een groot geestelike gesin. ‘n Gesin sorg vir mekaar, bly bymekaar, verdra mekaar en het mekaar lief. So het hierdie Covid-19 pandemie sy merk nie net op die gemeente gelaat nie, maar ook op baie lidmate en veral ons ouer lidmate.
Die afgelope week doen ek huisbesoek by een van ons bejaarde lidmate wat in ‘n aftree-oord bly. Hulle is al vir ‘n jaar lank in die aftree-oord gekluister waarvan lang tye in hulle kamers was, weens die gevaar van die pandemie. Ek kon sien ons suster hunker intens na mense, na haar familie, na die gemeente, na liefdevolle omgee. Hulle mag nie eers besoekers ontvang het nie. So sê ook ‘n alleenloper die afgelope week dat die eensaamheid hulle “opeet!”
Daarom wil ek vanmôre vir almal in die gemeente vra: Identifiseer ‘n alleenlopende, ‘n bejaarde, ‘n eensame mens in die gemeente en besoek hulle of bel hulle. Gee om vir mekaar.
Kom ons bewys ons liefde deur veral in hierdie tyd na mekaar om te sien. Vra vir die dominees, die ouderlinge, die diakens, die susters wie eensaam is en wie julle kan besoek. Maak moeite om die eensaamheid te verlig. In die bevestigingsformulier vir die diakens is dit ‘n opdrag dat niemand weens armoede of eensaamheid van die geloofsgemeenskap uitgesluit mag word nie.
Doen moeite om mekaar te bedien met Christelike liefde!
Ds. Gerrit