Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 192 of 344)

Maak die Rooidag wakker!

Psalm 108 

Dawid het Psalm 108 saamgestel uit die volgende twee Psalms nl. Psalm 57:8-12 en Psalm 60:7-14. God se waarheid is altyd waar en daarom kan daar nuwe lofsange oor Hom gemaak word. Dawid het twee van sy vorige Psalms geneem en ‘n nuwe Psalm gemaak. Die opskrif is “Toon u grootheid, o God.” Dawid sing ‘n lied tot eer van God vir sy beskerming. Hierdie is nie sommer net ‘n lied laat in die nag nie, dit is ‘n lied wat hy vroegoggend sing as hy vars en wakker is. 

Psalm 108:2-6 

2 “Ek voel weer veilig, o God, ek wil ‘n lied sing, ja, ek wil sing, ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak! 3 Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing, 4 want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke. 5 Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, hoog bo die aarde u mag.” 

Dit is die voorreg van vroeg opstaan om Bybelstudie te doen. In die oggend na ‘n goeie nagrus is jy vars en fris en kan jy met onverdeelde aandag jou tyd aan lofprysing bestee. Dit is wanneer Dawid sy harp en lier uitgehaal het en God geloof en geprys het. 

So moet ons dalk ook vroeg opstaan, veral in die Herfs en Somer, die Rooidag tegemoet, met die Bybel in die hand, en God loof en prys en aanbid. 

NP van Wyk Louw, befaamde digter, het ook ‘n gedig geskryf met die opskrif: 

ROOIDAG 
N.P. van Wyk Louw 
“Rooidag, rooidag, wat bring jy? 
Ek weet nie waarom voel ek so bly;

my hart die klop, en dit voel vir my, 
sowaar, sowaar, vandag kom hy.” 

“Ek wil vroeg opstaan en die rooidag wakker maak!” 

Ds. Gerrit 

Swaarkry kweek volharding van Geloof vir die wat Hom liefhet

Skriflesing: Jakobus 1:1-17
Teksvers: Jakobus 1:2-4

In aansluiting by die oproep van Petrus skryf ook Jakobus aan gelowiges wat in moeilik omstandighede verkeer, en selfs uitgebuit word. In hierdie boek word die klem op geloof en geloofsoptrede geplaas. Ook hier beskryf die apostel en broer van ons Here dat swaarkry vir ons goed is, en dat dit blydskap moet opwek! Daar moet as te ware uitbundige vreugde wees as ons beproef word.
Ons staan vanaand stil by die tema: swaar kry kweek volharding van die geloof vir die wat God liefhet. Amen

Wees bly oor beproewings met Hoop deur Geloof in die Liefde

Skriflesing: 1 Petrus 1: 1-25
Teksvers: 1 Petrus 1:6-9

Geloof, Liefde, Hoop… Dit is drie terme wat deurgaans in die Nuwe Testament soos ‘n refrein herhaal in feitlik elke Bybelboek. Dit is veral in die Pauliniese briewe baie pertinent, en die bekendste aanhaling sekerlik uit 1 Korintiërs 13. Die wyse waarop Paulus hierdie begrippe gebruik, het telkens ‘n klemverskuiwing.
Dit geld ook vir die briewe van Petrus en Jakobus. Hier in 1 Petrus 1 staan die drie begrippe sentraal in die oproep van Petrus aan die gelowiges in die verstrooiing. Ons staan vanoggend stil by die blydskap van ons beproewings wat ons met Hoop aanpak, deur die behoud van ons geloof in Jesus Christus, in die vaste versekering van Sy Liefde. Amen

« Older posts Newer posts »