Skriflesing: Johannes 19:1-16 (2020)
Teksvers: Johannes 19:10-11
HK: Sondag 39

Die vyfde gebod gaan oor mag en eerbied. Eer jou vader en moeder. God het hulle oor hulle kinders gestel. 

Daarin kom ‘n belangrike gesagsverhouding tussen ouers en kinders, wat ook weerspieël word in ons leefwêreld. Hoe groter iemand se mag, hoe groter is die verantwoordelikheid wat by daardie persoon berus. 

Ons kyk vanaand na Jesus wat Pilatus reghelp in sy misverstand oor mag, waarin ons God se almag leer ken waardeur Hy die krag van die sonde verbreek.