Page 63 of 344
Skriflesing: Levitikus 19:1-18 (2020)
Teksvers: Levitikus 19:2
Wees heilig! Hierdie opdrag word reeds aan die volk Israel gegee by die berg Sinai in die woestyn waar die HERE self vir Hom hierdie volk afsonder. Hierdie volk moenie soos die ander volke wees nie.
Die HERE is nie soos ander gode nie, en daarom mag sy volk ook nie soos ander volke wees nie. Omdat die HERE heilig is, daarom moet elkeen wat aan Hom behoort ook heilig wees.
Ons staan vanaand stil in die heilsorde by die wyse waarop ons self afgesonder word tot heil.
Skriflesing: Filippense 1 (1983)
Teksvers: Filippense 1:6
DL Hfst 5
Daar is baie dinge wat ons blydskap steel. Een is twyfel. Twyfel aan jouself. Aan die Woord. Aan God!
Ons twyfel maklik en dan bekruip die moedeloosheid en swartgalligheid ons soms sommer helder oordag. Dit is waarskynlik daaraan te wyte dat ons so maklik tou opgooi. As dinge bietjie swaar word, as ons begin sukkel, nou-ja dan staak ons sommer en gooi tou op.
Ons gees doen nogal dieselfde soort ding as dit by geloof in God kom.
Ons vergelyk God eintlik met onsself! En daarin vind Paulus die verskil: God is nie soos ‘n mens, soos ons nie! Hy gooi nie sommer net handdoek in nie. Nie dat ons dit vir Hom eintlik maklik maak nie.
Hierdie woordjie is nogal so bekend in Afrikaanse kringe dat ons nie eintlik besef hoe vér terug dit in betekenis gaan nie.
Evangelie (Eng: Gospel) stam af uit die Latyns of eerder Griekse woord “euangellion”. Die “eu” beteken goed en “angelo” (engel) is boodskapper. Die evangelie is dan die goeie boodskap. GOEIE NUUS!
Die betekenis gaan egter só vér terug as die oorlogsveld. Nadat die veggeneraal die oorwinning oor sy koning se vyande behaal het, stuur hy ʼn hardloper met die goeie nuus na die volk en die koning. Die boodskap is dan evangelie, goeie nuus, blye boodskap. Die boodskapper se betaling word ook euangellion genoem.
Ons Veggeneraal, Jesus Christus, het die vyand op Golgota verslaan. Die Goeie Nuus is opgeteken deur die boodskappers en ons noem hulle die evangelie-skrywers (evangeliste). Die Goeie Boodskap is dat ons Veggeneraal die omvattende en volslae oorwinning behaal het en daarom die erenaam “Here” ontvang het, nadat Hy uit die dood opgestaan en opgevaar het.
Hom loof ons wat niks ontsien het om vir ons van sonde en duiwel en dood te verlos nie. Hierdie Evangelie moet aan alle mense oor die hele wêreld oorvertel (verkondig) word, want dis ʼn krag van God vir elkeen wat glo.
Is dit ook vir jou goeie nuus? Vertel dit dan oraloor en herinner die wêreld dat hierdie Generaal nou Koning en Regter is wat binnekort met die wolke kom en Hy kom oordeel oor lewendes en dooies.
Maranata! Kom Here Jesus!
Ds Maarten
Skriflesing: Joh 21:1-25 (1953)
Teksvers: Joh 21:15
In ons skrifgedeelte lees ons hoe Jesus drie maal vir Petrus vra: Het jy My waarlik lief? Telkens as Petrus antwoord, kry hy ook ’n opdrag i.v.m. Jesus se kudde. Die eerste is: ‘Laat My Lammers wei.’
In vanaand se prediking wil ons hierdie Bybelse opdrag behandel aan die hand van die volgende punte:
1. Wie moet die lammers laat wei?
2. Hoe moet ons hulle laat wei?
3. Wat motiveer ons om hulle te laat wei?