Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 56 of 331

Wil jy betaal of wil jy ‘n geskenk ontvang?

Skrifgedeelte: Romeine 6:15-23
Teksverse: Vers 22 en 23

Die Here Jesus het gesê dit is saliger om te gee as om te ontvang. Daarmee het Hy bedoel dat ons groter vreugde vind in wat ons uitdeel as wat ons kry. Vir ons as mense is dit baie maal anders, ons wil eerder geskenke ontvang as om dit uit te deel. Wanneer dit egter kom by ons verlossing, moet ons fyn oordeel tussen hierdie twee aspekte, veral as dit kom by die oordeel van God oor die sonde. Ons stel vanaand verder ondersoek in oor die betekenis van ons nuwe lewe in Christus.

Jou doop is ‘n begrafnis

Skrifgedeelte: Romeine 6:1-14
Teksverse: Vers 3 en 4

Op so baie maniere word die doop verstaan en verduidelik, dat ons soms self in verwarring raak. Jesus het sonder enige twyfel die opdrag gegee dat alle dissipels gedoop moet word en geleer moet word. Wat beteken die doop werklik? Hier in Romeine word ons geleer dat die doop ‘n begrafnis is. Ons word in die dood van Jesus gedoop. Dit beteken twee dinge. 1. Jesus Christus wat sterf in ons plek, maar ook 2. ons wat saam met Christus in die sondige mens sterf met die doel dat ons saam met Hom in ‘n nuwe lewe kan opstaan en in Hom kan lewe.

Die verhoogde Christus het alle mag in hemel en op aarde en Hy kom weer

Skriflesing: Matteus 25: 31-46
Teksvers: Matteus 25: 31,32

1. Christus heers as koning van die wêreld. 
2. Christus seën as hoof van die kerk. 
3. Christus oordeel as regter oor almal. 

“Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 

Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ‘n wagter die skape van die bokke skei.” Matt 25:31-32 

Is ek ‘n see of ‘n walvis?

Skriflesing: Job 7:1-21 (2020) 
Teksvers: Job 7:12 

Ons almal is goed bekend met die persoon van Job. Die man wat alles verloor het omdat hy die Here getrou gedien het. 

Ons onthou ook vir Job as die persoon wat so swaar gely het en tog getrou gebly het en nooit God gevloek het nie. 

Vanoggend wil ons stilstaan by ‘n besondere vreemde vraag wat Job aan God vra: 

Is ek ‘n see of ‘n walvis? 

Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus

Skriflesing: Galasiërs 5:1-15 (2020)
Teksvers: Galasiërs 5:14; 6:2

Daar is verskeie maniere waarop ons die begrip “wet” kan verstaan. Daar is in die eerste plek die 10 Gebooie, wat ook bekend staan as die sedewet. Daarmee saam word ook die eerste 5 boeke van die Bybel die wet genoem. Daarin vind ons die seremoniële wette sowel as burgerlike wette. 

Noudat ons die Kategismus behandel het oor al 10 gebooie, kom ons by die vervulling van die wet deur ons Here Jesus. Maar so word ons ook geroep om die wet te vervul. 

Ons kyk in besonder na die Nagmaal en die wyse waarop ons hierdie opdrag kan nakom. 

« Older posts Newer posts »