Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Page 337 of 346

Deel die liefde van die Here

Skriflesing: 1 Johannes 4
Teksvers: 1 Johannes 4:9,10
God se liefde word konkreet aan ons geopenbaar deurdat Hy sy
eniggebore Seun, Jesus Christus, mens laat word het.
Elkeen wat in Jesus Christus glo, ontvang onder andere die
volgende: die liefde van God vir die mens; die Heilige Gees;
versoening met God; vergifnis van sondes; die ewige lewe;
bemagtiging om ander lief te kan hê; die liefde wat alle vrees ver-
dryf.
Mag jy, wat so baie liefde van die Here ontvang het, hierdie liefde
ook in jou woorde, dade en gedagtes deel met ander mense.
Hy wat baie ontvang het, het baie om te gee.

Dit is saliger om te gee as om te ontvang

Skriflesing: Handelinge 20
Teksvers: Handelinge 20:35
HK: Sondag 42

In die Heidelbergse Kategismus Sondag 42 word daar stilgestaan by die negatiewe en die positiewe van die agtste gebod. In Handelinge 20:35 hoor ons die positiewe geïnspireerde woorde van die agtste gebod. Dit gee ‘n gelowige groter vreugde om te gee as om te ontvang. Net deur die werk van die Heilige Gees kan die selfgesentreerde ingesteldheid oor besittings verbreek word. Die wat in Jesus Christus glo, ontvang die genade om na ander te wil uitreik en ander te wil help. Jesus Christus se voorbeeld van gee in plaas van vat, word ook vir die Christene moontlik gemaak.
Mag jy die genade ontvang om die positiewe van die agtste gebod daagliks uit te lewe.

Laai af

Die laaste oordeel

Skriflesing: Op 20:1‑15; II Kor 5:10; I Kor 15:26
Teksvers: Op 20:12

Terwyl Petrus ons gewaarsku het teen die dwaalleraars wat die oordeel ontken, het ons verlede week seker gemaak dat ons in die wederkoms glo en daarmee saam in die dag van oordeel.
Nou gee Johannes ons ‘n idee van wat presies op daardie laaste dag gaan gebeur. Een ding is seker en dit is dat Je-sus daar sal wees! So verwag ons ons Verlosser as Regter, komende om te oordeel én te red!
Vir die goddelose is daar op daardie dag egter geen goeie nuus nie.

Laai af

God seën ‘n worstelende gelowige

Skriflesing: Genesis 32
Teksvers: Genesis 32

“…. Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.” Toe vra die man: “Wat is jou naam?” en hy antwoord “Jakob.”
Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense ‘n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.”
Toe sê Jakob: “Sê my tog jou naam,” en die man vra: “ Waarom vra jy my naam? … ””
Genesis 32: 26-29

Laai af

Die einde: Die Here se geduld misverstaan?

Skriflesing: 2 Petrus 3:1-18
Teksvers: 2 Petrus 3:8,9

My weë is nie soos julle weë nie en my gedagtes nie soos julle gedagtes nie… so het die groot profeet Jesaja al oor die Here geprofeteer (Jes 55). Dit kan dus nogal lewensgevaarlik raak om God te probeer uitredeneer of met ons beperkte verstandjies te probeer begryp of verklaar. Ons doen juis dit as ons die Bybel probeer verklaar vanuit die sogenaamde wetenskaplike bevindinge van ons moderne tyd. Wetenskaplikes het immers nou “onbetwisbaar’ bewys dat die aarde miljoene jare oud is en dat daar blykbaar toe nooit ‘n groot vloedramp in Noag se tyd was nie!! Hoe slim kan ons raak as ons bo die Bybelse profetiese boodskap wil uitstyg en God se waarheid betwyfel! Petrus het ons al destyds teen hierdie neiging van die “laaste dae” gewaarsku. Kom ons kyk wat gaan verlore as ons die wetenskap bò die Bybel stel…!

Laai af

« Older posts Newer posts »